Man vas vir Taegrin Morris se sleepdood

Taegrin Morris.

Taegrin Morris.

ʼn 32-jarige man verskyn Woensdag in die Boksburg-landdroshof nadat hy in hegtenis geneem is in verband met die kaping en sleepdood van die vierjarige Taegrin Morris.

Kol. Noxolo Kweza, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die man is Dinsdag in Katlehong in hegtenis geneem, nadat hy as een van die kapers geïdentifiseer is.

Taegrin is in Julie dood toe hy kilometers ver buite sy ouers se gekaapte motor gesleep is. Hy het in sy veiligheidsgordel verstrengel geraak toe sy ma hom wou uithaal, en die kapers het met hom weggejaag. Sy ouers is in Reigerpark gekaap en die motor is later in Boksburg opgespoor. Taegrin was reeds dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

Bietjie lank gevat, maar nou sal dinge “rol”…………………

Madelene ·

Mag hy net soveel genade ontvang as wat hy vir Taegrin in sy laaste paar minute gehad het. Ek weet die oordeel kom ons nie toe nie, maar so persoon verdien nie genade nie.

moegoe ·

Ek veroordeel die daad,mag die skudiges eers lewend ontman word en daarna kaalg*t gesleep word van i voertuig – daarna moet die regter die swaarste vonnis oplê. Die ouers se pyn sal verewig daar wees.

snel ·

Ek kry nou nog koue rillings as ek net lees en dink wat die arme kindjie moes deurmaak. Hoop regtig daar gaan geen genade getoon word teenoor hom deur die hof nie. Dit moes vreeslik gewees het vir die ma om dit te aanskou en te sien haar kind hang buite die kar wat wegjaag. Sterkte aan die ouers, mag die Here julle dra en krag gee, veral nou ook deur die hofsaak. Baie sterkte!!!

Meisie strydom ·

TDit is regtig so gemeen dat hul nie gestop het en maar net eenvoudig die kind los gelaat nie,onskuldige lewe,ek hoop wie dit gedoen het is gevang en kry leweslank rus in vrede Taegrin morris

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.