Man vas vir Vanderbijlpark-skietery

Carlia, Thea en Phillip du Preez. Foto: Facebook

Carlia, Thea en Phillip du Preez. Foto: Facebook

Die man wat Donderdagoggend beweer het hy was in sy motorhuis terwyl twee verdagtes sy gesin in sy huis in Vanderbijlpark in Gauteng doodgeskiet het, is in hegtenis geneem op aanklag van moord.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man is omstreeks 15:00 in hegtenis geneem.

“Verdere ondersoek en ondervraging na die man se weergawe van die verloop van gebeure het tot sy inhegtenisneming gelei. Hy het teenstrydige verklarings gegee en kon ook nie belangrike vrae beantwoord nie,” het Mofokeng gesê.

Mofokeng het gesê die man sal in die hof verskyn sodra al die administratiewe take afgehandel is. Hy is in aanhouding by die Vanderbijlpark-polisiestasie.

Maroela Media het vroeër berig ʼn ma en haar twee tienerkinders is Donderdagoggend in hul huis in Vanderbijlpark in Gauteng doodgeskiet terwyl hulle geslaap het.

Die pa het beweer hy was omstreeks 04:00 in die motorhuis besig toe hy skote in die huis gehoor het.

“Volgens die man het hy gaan ondersoek instel en toe hy naby die huis kom, is hy deur ʼn gewapende man gekonfronteer. ʼn Struweling het ontstaan waartydens die verdagte sy vuurwapen laat val het. Die verdagte kon daarin slaag om los te kom toe ʼn medepligtige ook uit die huis gestorm het. Die twee mans het op die vlug geslaan,” het Mofokeng vroeër die dag gesê.

Mofokeng het gesê die man het gaan ondersoek instel en sy vrou, dogter en seun dood in die huis aangetref. Hulle het al drie verskeie skietwonde aan die bolyf opgedoen.

Die oorledenes is intussen geïdentifiseer as Thea du Preez (41) en haar kinders Carlia (17) en Phillip (14). Nelius du Preez, Thea se neef, het intussen op Facebook hulde gebring: “Rip Nig saam jou twee awesome kinders. Jul los groot leemte (sic)”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Hester ·

Daar is soveel wreedheid en gewetenloosheid in ons dag. Hoe doen n mens so iets aan jou eie vrou en kinders? Die kinders het hul hele lewe nog voor hulle gehad. Skokkend!

VAN TROY ·

hkm – hkm – hkm????
hoeveel mense het nou n verlies? hoeveel mense gaan nou trane he oor die feestyd terwyl dit nou die tyd is vir saam wees
hoop die persoon verantwoordelik kan met sy gewete saam leef.

Cheryldene ·

Alreeds vanoggend gedink iewers is ‘n slang in die gras. Ek is geen baas speuder nie maar wie werk 4 uur in die oggend aan sy kar? Hy is ook nou nie die kleinste man wat ek al ooit gesien het nie en ek is seker hy sou sy famlie teen hulle kon beskerm indien nie sou hy ook afgemaai gewees het! Maar snaaks genoeg het hy sonder ‘n skrapie uitgestap. Wat my verstand te bowe gaan is hoe skiet jy jou vrou in die kop en te meer nog jou eie kinders. Ek voel jammer vir die res van die familie wat nou met hierdie situasie moet deel. Julle is in ons gebede.

Lise ·

@ Cheryldene, waar lees jy in die berig dat die vrou in haar kop geskiet is? Tweedelaaste paragraaf van die berig sê slegs “hulle het al drie verskeie skietwonde aan die bolyf opgedoen.”

MM ·

Lise sy is in die kop geskiet lees die vorige bergte. Die seun 2 x in die kop en die dogter 6 maal op verskillende plekke op haar lyf.

Eileen ·

Ek is baie jammer vir (daardie) erglike háting vir (daardie) pragtige 3 mensies.. Die een wat dit aan hulle gedoen het moet mooi dink aan die gedagtus vir die res van sy lewe.. Kids en vrou nog so jonk en nog soveel oor gehat in hulle lewe.. Ek se ook die waarheid kom altyd uit en sal nie weg kom nie.. SIES jy gaan hulle nog baie mis. Dankie aan ons polisie mense wat werk aan die moord hou so aan.

antoinette ·

Toe ek daardie berig vanoggend lees, het ek sommer net GEWEET.

Gertjie Barnard ·

Toe ek die berig gelees het was dit ook my eerste gedagte. Wat werk jy 4uur di oggend aan jou kar.

colette ·

I looked on the daughters Facebook page and I’m just hoping her boyfriend gets counselling because they’ve been together for years and looked very much in love…

nnn ·

Wie se hy is skuldig? As mens in hegtenis geneem word beteken dit nie jy is skuldig nie…

Debbie ·

Dit is beslis n groot skok vir die Vaaldriehoek. Die nuus het soos n weghol veldbrand versprei. Mag reg geskied en die waarheid uitkom en die skuldige verewig sit. R.I.P jul pragtige 3 mensies

Simoné ·

Wat in die lewe maak mens 4 uur in die oggend in jou motorhuis??? Dit was die eerste ding, met die oorspronklike storie, wat my laat twyfel het aan die geloofwaardigheid….dis regtig so onnodig, rus in vrede..

SNEL ·

Gina, hierdie is n ernstige saak en baie hartseer, maar ek moet sê, jy het my nou lekker laat lag met jou ouma se woorde :)

Ek is geskok om te lees dat hy nou in hegtenis geneem is. Ek wou die beter van hom glo en dat hy wel gewerk het of besig was met iets, want hoe de hoenders doen iemand dit aan sy vrou en kinders (of dit nou sy kinders is en of hy die stiefpa is, maak nie saak nie), maar nou ja, ek is geskok. Hier lê die vakansie voor die kinders, hulle het hard geleer en het ook seker uitgesien om bietjie te doen wat hulle wou, maar buiten dit het hulle hele lewe nog voor hulle gelê. Mens is so bang vir inbrekers wat jou kan vermoor, maar hier was die moordenaars sommer by hulle, geen alarm kon hulle teen hierdie pes beskerm het nie.
Soos ek verstaan wat Jacobus hierbo skryf is Thea se ma en pa (so die Ouma en oupa) al oorlede, so gelukkig word hulle die hartseer gespaar, maar susters en broers, familie en vriende, vir hulle moet dit n hengse skok wees en nou nog om te hoor wie dit gedoen het. Ek kan my nie eers indink waardeur die arme mense moet gaan nie. Baie sterkte vir julle almal, mag die Here julle dra deur die donker tyd.

Jaco Grobler ·

Ek vir een begin baie oggende 4 uur (party keer vroeër werk). 8 Uur is my werk afhehandel omdat daar geen steuringe was en ek kon my tyd 100% benut. Beslis nie ‘n rede om aan te voer die persoon is skuldig nie.

Jip ·

Soos ek verstaan volgens RSG se berig is die moordwapen in sy garage/huis se dak gevind. Dit verander die hele prentjie.

Annie ·

Daar is gisteraand al op n ander nuusblad geplaas dat die man skuld erken het…hoeveel meer bewys wil julle dan nog hê?

Lulu ·

Martin, ek begin party oggende 2 uur werk. Dit maak dinge net soveel makliker.

Susan ·

Ek sien nerens word hy soos Oscar gestenig nie???????
Waar is die ANC vroue liga??????

anne ·

Nou net aan dieselfde ding gedink Susan. Laat mens wonder ne??
Dis baie hartseer, hulle lyk so gelukkig op die foto. Sterkte aan die geliefdes in die moeilike tyd.

Louise ·

Hy is nie n man of pa nie.
R.I.V julle 3, ek kan nie eers dink hoe bang hulle moes wees nie.
dis wreed, sterkte aan almal na aan die familie, dis iets wat mens nooit sal verstaan of verwerk nie.

Annie ·

Daar is absoluut geen rede aan te voer nie…hoekom soek ons altyd redes???

gogga ·

Ai dit is so hartseer. Sterkte aan al die families en vriede.

Karel ·

Sien wat Gina gesê het is nou afgehaal en sy het niks verkeerd gesê nie.

Sterkte aan almal geraak hierdeur.

marianne ·

Dis onsettend hartseer ek dink aan die hele familie en al die kinders se vriende. Dis ‘n gapende wond wat jare sonder genesing gaan bly. Ek dank God dat hulle al drie saam by SY voete le en die een nie sonder die ander moet voort lewe nie.

Chantel ·

SIEK VERBY!!! Kan nie ophou dink nie!!! BRING DIE DOOD STRAF TERUG!!!!

Mari ·

Hierdie is nie n’ mens nie, hy’s pure duiwel, en het dit beplan. Hoekom vir die poliesie lieg. dis als vooraf beplan, ek hoop hy vrot in die tronk, hulle moet hom by die ergste oortreders sit wat daar is, met geen voordele nie.In n donker gat gooi met niks. dis waar hy hoort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.