Man vas vir verkiesingsdagmoord

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man verskyn na verwagting Maandag in die hof in verband met die moord op ʼn ANC-ondersteuner op verkiesingsdag in KwaDukuza in KwaZulu-Natal.

Thando Mhlono (30) is Woensdagaand omstreeks 21:30 buite ʼn stempunt in die dorp doodgeskiet. Daar was aanvanklik berig dat die slagoffer ʼn man was, maar kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het bevestig dié inligting was vals.

Die polisie het die saak ondersoek en inligting het daarop gedui dat die man in Lindelani is. “Die 28-jarige verdagte is Donderdag deur speurders van die KwaDukuza-polisiestasie in hegtenis geneem,” het Zwane bygevoeg. “Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie, en word deur die polisie ondersoek.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.