Man vas vir verkragting by psigiatriese hospitaal

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 38-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van ʼn 41-jarige verstandelik gestremde pasiënt by ʼn psigiatriese hospitaal in Mahikeng in Noordwes.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die man, ʼn werker by dié instelling, het na bewering die slagoffer op 2 September in ʼn badkamer by die hospitaal verkrag.

“Die man het reeds op 5 September in die hof verskyn, waarna die saak uitgestel is vir sy formele borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding,” het Makau gesê.

Die man moet binnekort weer in die Molopo-landdroshof in Mmabatho verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Irene ·

Jy moet baie siek in jou kop wees om dit te doen aan sulke mense. Vir wie moet mens in hierdie samelewing vertrou. Nerens veilig nie. Vader red asb die mensdom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.