Man vas vir verkragting, moord op 9-jarige

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 28-jarige verdagte sal na verwagting Maandag in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn in verband met die verkragting van en moord op ʼn negejarige meisie.

Die meisie is op 17 Augustus verlede jaar as vermis aangemeld by die Lenasia-polisiestasie. Haar liggaam is die volgende dag deur ʼn verbyganger gevind in ʼn veld langs die Goue Hoofweg.

Volgens brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, is daar sedert die voorval nou met die gemeenskap saamgewerk en het inligting wat aan die polisie verskaf is daartoe gelei dat die verdagte Vrydag in Mayfair in hegtenis geneem is.

“Die verdagte het glo vir die slagoffer se oupa gewerk en het kort ná die voorval verdwyn. Hy is glo ook die persoon wat laaste in die kind se teenwoordigheid gesien is die dag wat sy verdwyn het.”

Die bestuur van die polisie in Gauteng het die samewerking tussen die gemeenskap en die ondersoekspan van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdade geloof.

“Die polisie gaan voort om misdade teen vroue en kinders te prioritiseer en hierdie inhegtenisneming sal ʼn groot rol speel vir die familie om afsluiting te kry en om te verseker dat geregtigheid geskied,” het genl.maj. Max Masha, waarnemende polisiehoof in Gauteng, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

EN TOE? ·

Baie erger as enige iets op Sweizer!

Waar is die onruseenheid? Gaan julle enigsins hier bywoon? Seker nie

Al ·

Waar is die EFF en ANC nou?!
Slagoffers en oortreders word selektief gekies, wat weereens bewys dat hul nie rêrig besorg is oor die slagoffer nie.

Hanna ·

Wonder ek ook nou ,waar is die EFF en ANC en selfs die DA wat net by sekere kinder molesteering hofsake kan protes?

GP ·

Darem nie so erg soos die Dros geval nie. Waarom is daar nie nou ook proteste nie. Waar is die media nou wat permanent kameras in sy gesig druk om fotos te neem. Hoekom word die person se gesig en naam nie sommer van die begin af bekend gemaak soos die Dros geval nie.

Waar is die tientalle Maroela kommentare wat se hoe sleg hy is. Erger as Dros geval maar selfs onder sy eie mense word die Dros oortreder meer gestenig as hierdie persoon. Hoekom is dit so? Skande. Hanteer sake konsekwent.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.