Man vas vir verkragting van 2-jarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 41-jarige man van Gelvandale in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn tweejarige dogtertjie.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê die inhegtenisneming volg nadat die dogtertjie Sondagaand uit haar ouerhuis in Gelvandale verdwyn het.

“Die saak is by die polisie aangemeld en ʼn grootskaalse soektog is met die hulp van die gemeenskap van stapel gestuur,” het Naidu gesê. Die dogtertjie is dieselfde aand omstreeks 23:30 gevind waar sy alleen in ʼn straat in die omgewing rondgedwaal het.

Die verdagte, wat glo bekend is aan die kind, is Maandag omstreeks 01:30 by sy huis in hegtenis geneem op aanklag van verkragting. Hy sal na verwagting Woensdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Maryna ·

Dis wreed, om dan nog die arme kind te los om rond te dwaal in die straat? Siestog die arme bloedjie :,(

talitha ·

Hulle moet die doodstraf terugbring en verkragters en pedofiele en moordenaars hang!

talitha ·

Hulle moet die doodstraf terugbring en verkragters en pedofiele en moordenaars hang!

Frans ·

Kan mense wat sulke dade pleeg nog mens genoem word? Dit is so’n skokkende daad dat tronkstraf nooit ‘n gepaste straf kan wees nie.

Inge ·

Gee hom vir my, ek sal hom wys hoe “groot” mense speel…

pop ·

Hierdie land sit met n enorme probleem. Mens noem dit psigopate. En n oorgroot meerderheid van ons samelewing ly daaraan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.