Man vas vir verkragting van ouma en kleinkind

Argieffoto

Die Vrystaatse polisie het Saterdag gesê ʼn verdagte is in Bethlehem in hegtenis geneem nadat die polisie sedert verlede maand op sy spoor was in verband met die verkragting van ʼn ouma en haar kleinkind van Fouriesburg.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is Vrydagaand by ʼn bouterrein in Bethlehem in hegtenis geneem waar hy aangestel is om bakstene te lê.

Die verdagte het na bewering op 17 Maart die ouma (78) en haar kleinkind (11) in hul huis in Fouriesburg, sowat 50 km van Bethlehem, in hul slaap aangeval.

Volgens Mbambo het die plaaslike polisie se eenheid vir misdaadintelligensie, hul eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe asook K9-eenheidsbeamptes inligting ontvang wat gelei het tot die verdagte se inhegtenisneming.

Genl.maj. Jan Tsotetsi, bevelvoerder van Bethlehem se polisiegroepering, het die plaaslike polisie geloof vir hul vinnige reaksie om die verdagte aan te keer.

“Ons bedank ook lede van die gemeenskap wat van groot hulp was in hierdie gesamentlike poging. Met hul hulp is ons op die regte pad om vroue, bejaardes en kinders te beskerm,” het Tsotetsi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Mabel Jansen, jy word keer op keer reg bewys, net soos Gillian Schutte keer op keer (as sy dit in haar sou hê) in ‘n verleentheid beland word.

Domvraag ·

Stem 100% met jou saam. Schutte sal nooit erken sy was verkeerd en dat sy Jansen se loopbaan verwoes het nie. Hoop sy is tevrede maar waar is RSG en Nuus op TV. Hierdie is net so erg as die Drosgeval. Lynette Francis hoekom spandeer jy ook nie dae lank om hieroor te praat oor RSG nie. Is dit omdat die misdadiger swart is.?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.