Man vas vir verkragting van sewejarige

Argieffoto

ʼn 31-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn sewejarige meisie.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die man is Woensdag aangekeer vir die beweerde verkragting van die meisie op 10 Junie in die GPO- informele nedersetting in Dutywa naby Oos-Londen in die Oos-Kaap.

“Toe die verdagte hoor die Dutywa-polisie soek na hom, het hy gevlug,” het Manatha gesê.

Die polisie het sedertdien onverpoos na die man gesoek totdat hulle hom opgespoor en in hegtenis geneem het.

Die man sal na verwagting Vrydag in die Dutywa-landdroshof verskyn.

Manatha het gesê die veiligheid van vroue en kinders is ʼn topprioriteit vir die Oos-Kaapse polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Janine ·

Dit is siek. Elke liewe dag is daar ‘n berrig oor verkragting en veral verkragting van minderjariges. Wanneer gaan dit ophou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.