Man vas vir verkragting van verstandelik gestremde bejaarde

Argieffoto

ʼn 33-jarige veroordeelde verkragter het Maandag in ʼn hof in Limpopo verskyn in verband met die verkragting van ʼn 78-jarige verstandelik gestremde vrou.

Konst. Monatse Mamobolo, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte het in die Sekhukhune-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting nadat hy Sondagaand in hegtenis geneem is.

“Die polisie was besig met patrollie in Apel buite Polokwane toe hulle inligting van lede van die gemeenskap ontvang het wat die verdagte glo op heterdaad betrap het terwyl hy besig was om die bejaarde vrou te verkrag. Sy het in haar huis geslaap toe hy haar glo oorval het,” het Mamobolo gesê.

Die polisie het dadelik gereageer en die verdagte in hegtenis geneem. Die slagoffer is na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die beskuldigde voorheen aan verkragting skuldig bevind en gevonnis is en op parool uit was toe hy in hegtenis geneem is.”

Die saak is tot 31 Julie uitgestel vir borgtogprosedures.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johanna Botha ·

Die land se mense is BAIE siek ! Wat gaan in jou kop aan as jy so iets doen ! !

Katerina ·

Hygend hert..dis een van die siekste, mees mismaakste dinge wat ek gelees het in die afgelope week. Hoe de duiwel..ag nee regtig..ek weet nie meer nie. Well, we Are in South Africa – So no doubt i will read something in the next few days -or hours- that will top this horrid bit of news. Ten minste was daar darem nie hierdie keer n lewendige hoender ook in gedrang nie…good grief..

hula ·

en sit kwel jou nie dat n verstandelik gestremde oumens blykbaar alleen die mas moet opkom nie? is sy een van die esidemeni verlorenes?

obla ·

ek het ook gewonder of dit een van die esdimenie mense wat weg is kan wees. hoe laat jy n verstandelikgestremde alleen?

SA Moordmuseum ·

Dokumenteer dit als in n regte or virtuele museum soos die halucaust museum wat geweld in die ANC beheerde land grafies uitbeeld.

Wonder net ·

Verkragter uit op parool en klaar weer besig om te verkrag!!!!!!
Wie het so goeie verslag gegee dat hy op parool kon uitkom?
Tronkstraf kon hom nie rehabiliteer nie.
Hoop wragtig nie die regslui staan borg toe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.