Man vas vir verkragtings by kinderhuis

Argieffoto

ʼn 65-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van minderjarige seuns en meisies by ʼn kinderhuis in die Witrivier-omgewing.

Kol. Mtsholi Bhembe, provinsiale polisiewoordvoerder vir Mpumalanga, het gesê die man is Woensdag in Pelgrimsrus deur beamptes van die Nelspruit-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe in hegtenis geneem.

“Die man staan tereg op verskeie aanklagte van verkragting van minderjarige seuns en meisies wat glo by ʼn kinderhuis in Msholozi in Witrivier plaasgevind het,” het Bhembe gesê.

Die man het Donderdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Die saak is tot ʼn latere datum uitgestel vir sy formele borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

wurm ·

daarbis soooooveel gewillige vroue. hoekom miet rit wltyd n kind wees!

Kom nou ·

Twisted mind , en hulle word altyd gevang …hulle kan hulle self nie laat geld by vroue nie . Moet hulle afdwing op kinders .. Siek

Andrea ·

Arme weerlose kinderhuis kinders. Hoe slu en agterbaks-gemeen om die weerlooste van die weerlose te teiken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.