Man vas vir Vredendal-plaasmoord

Coba Odendaal, tydens haar agterkleindogter, Lanelle Peens, se onlangse doop. Foto:WP v Zyl Photography

Coba Odendaal, tydens haar agterkleindogter, Lanelle Peens, se onlangse doop. Foto:WP v Zyl Photography

Paulus Dam (53) is in hegtenis geneem weens die moord op Koba Odendaal (74) op ʼn plaas naby Vredendal in die Wes-Kaap.

Lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media bevestig Dam is verlede week in Vredendal in hegtenis geneem. Hy het reeds in die hof verskyn en sy saak is uitgestel tot 3 November vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding tot dan.

ʼn Beampte na aan die ondersoek het aan familie gesê Dam was glo voorheen in die tronk weens verkragting en moord. Dam se klere, asook Odendaal se selfoon en serp waarmee sy glo verwurg is, is vir DNS-toetse gestuur.

Maroela Media het vroeër berig die gemeenskap is geruk deur die nuus dat een van hul geliefde inwoners op 19 Augustus in ʼn klein plaashuisie vermoor is. Odendaal het saam met haar dogter, Marita Mather, in ʼn tweeslaapkamerhuis langs ʼn rivier gewoon. Mather het die huis by ʼn boer in die omgewing gehuur.

Mather het haar ma se liggaam die middag in haar slaapkamer aangetref. Sy het in ʼn plas bloed gelê. Haar gesig was geswel en sy het drie steekwonde in haar nek gehad. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lorayne ·

“Dam was glo voorheen in die tronk weens verkragting en moord”
Hy moes NOOIT weer die daglig gesien het nie . . .

Vandag sê ek weer dankie Here, my ou moeder het gesterf aan kanker . . . ‘n NATUURLIKE oorsaak!
Ek gun niemand om so wreedaardig vermoor te word nie, en ook niemand dat hul moet saamleef met die herrinnering dat hulle geliefdes vermoor is nie!

Manna Pieters ·

Hoekom was hy nie agter slot en grendel as hy vantevore skuldig was aan moord en verkragting.Seker weer uit op parool

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.