Man vas wat glo babaseuntjie vermoor, vrou aanrand

Argieffoto

Die polisie het ʼn 24-jarige man in Flagstaff in die Oos-Kaap in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hy ʼn sewe maande oue babaseuntjie vermoor en ʼn vrou aangerand het.

Kapt. Nozuko Handile, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte het van die werk af huis toe gekom en alkohol saamgebring wat hy saam met vriende en sy familie wou drink. “Hy het besef sy sussie se kêrel, die pa van die sewe maande oue babaseuntjie, is nie daar nie en hy wou hom gaan haal om ook saam met hom verder te kuier.”

Die verdagte se sussie het gesien haar broer is baie stil en toe sy hom daaroor vra, het hy gesê hulle (die sussie en haar kêrel) wil die huis as hul eie opeis. “Hy het uiteindelik ʼn besemstok gegryp en sy suster daarmee begin aanrand. Hy het almal uit die huis gejaag buiten sy suster, ʼn ouer vrou, die suster se kêrel en die babaseuntjie. Hy het die huis se deur gesluit.”

Die verdagte het toe na bewering die ouer vrou begin aanrand, maar toe die kêrel hom wou keer, het hy ʼn mes gegryp en die vrou daarmee gesteek. “Hy het daarna die baba gevat en hom op die vloer geslaan. Die pa van die baba kon deur ʼn venster klim om hulp te ontbied. Die beskuldigde het hierna die baba na ʼn ander venster geneem. Een van die bure het opgedaag en wou die baba red, maar die verdagte het die baba teen die muur geslaan.”

Die babaseuntjie is op die toneel dood.

“Die bure het die polisie ontbied en die man is in hegtenis geneem,” het Handile bygevoeg.

Die man het Maandag in die Flagstaff-landdroshof verskyn en die saak is tot 1 April 2019 uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dries du Toit ·

Goeie hemel. Wat se gemors is in die land. Ons moet plan maak om hier weg te kom

Marianne ·

So ‘n man hoort nie in die samelewing nie maar eerder avter die tralies en sleutel vergoed ver weggooi.

Marinda ·

Sulke mense moet nie kinders hê nie. Hulle moet hom sommer toe sluit en die sleutel weg gooi.

GM ·

Marinda, ek stem saam dat sulke mense nie moet kinders hê nie, maar hy was nie die pa van dié baba nie, maar die oom.

Daar gebeur so baie sulke insidente. En dan word sekere mense kwalik geneem oor besluite van die verlede.

george ·

wat wou toesluit, bring die doodstaf terug dan sal aldie dinge end kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.