Man vas wat boerboel glo doodskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy 60’s het sy boerboelhond glo Woensdagaand in Krugersdorp in Gauteng doodgeskiet.

Digit News berig die man het ses skote op die hond afgevuur omdat die hond glo te veel geblaf het. Die Johannesburgse Dierebeskermingsvereniging het die hond se karkas verwyder. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word vir bewysstukke teen die verdagte.

Konst. Lucky Matome, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê die skietery het omstreeks 20:00 in Kenmare plaasgevind.

“Die man is tans in aanhouding by die Krugersdorp-polisiestasie. Hy sal na verwagting Vrydag in die landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn munisipale woongebied en dieremishandeling,” het Matome gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

·

Hulle moet hom vir my gee. Ek weet wat om met so ‘n buffel te doen!!!!

johann cb ·

Ai meneer, jou hond was dalk honger of ontsteld oor iemand op sy terrein! Hoekom die redelose dier skiet? Kyk waar het dit jou nou laat beland!

Gesiggie ·

Mag jy die geblaf van jou geliefde hond en daai ses skote vir die res van jou lewe in jou ore hoor, dat jy so mal word, en eerder maar besluit om n plan te maak met jouself”’ hoekom het jy in die eerste plek n hond.. ? om jou op te pas, en hoekom blaf n hond… seker omdat daar iemand is wat hom pla? of hy wou jou waarsku… of hy was verstreurd”’ jy verdien nie om n baas genoem te word… RIP Ou honne”’

Manie ·

Dalk is daar meer oor die storie. Party bure en hulle honde is net doodgewoon :Ignorent: en so geblaf kan mens tot onverantwoordelike dade dryf
Vind eers uit presies wat gebeur het. Daar was seker al vorige skermutselings wat nie opgelos kon word nie.

Suzette ·

Manie gee nie om wat daar nog oor die storie kan of kon wees nie. Hy kon werklik n ander keuse uitgeoefen het. My poedel verdra om een of ander rede glad nie die man wat ons tuin doen nie en sal die hele dag blaf as hy hom gewaar of hy dink die man waag dit te naby aan ons huis. Dit irriteer my grensloos maar ek weet ook dat hy op sy pos is en gaan hom nie daaroor afmaai nie. As jy dan n stil hond verkies laat haal sy stembande uit, soos die mense oorsee. Daar is altyd alternatiewe..

Paul ·

Mens weet nooit. Ek het bure wat ook so ‘n hond het wat vir die maan blaf. Geen mens kan dit uithou nie. Hofbevele en wetstoepassing help ook nie. ‘n Mens weet later nie meer wat om te doen nie. Die meeste van die tyd moet daardie mense geen dier hê nie, want hulle is nie ordentlik opgevoed nie, hoe kan hulle ‘n dier en kind opvoed

charlene ·

MANIE Ons bure sluit hulle stoep poeffer in hulle garage toe (hulle is bang iemand vergiftig die hond) maar hulle het ook `n reus van `n hond. Maar nou die stoep poeffer blaf die hele, hele aand. Dis by my kind se venster….. Maar nog nooit het ek, my man of self enige iemand in ons buurt gevoel ons wil die honde enige leed aan doen. Die man is duidelik siek in sy kop. Maar ek glo (en sal nie anders oortuig kan word nie) `n man wat deernis vir `n dier kan toon is `n goeie man. Mag die vark lank sit en nooit weer die liefde van `n hond ken. Sal nie sê dit gaan `n tragedie wees as hy deur `n hond vervreet word nie.

Sharpei ·

Maak nie sask wat die rede is hoekom die hond geblaf het nie…GEEN DIER VERDIEN OM SO AFGEMAAI TE WORD NIE……HOOP DIE OU WORD SWAAAAAAR GESTRAF…….

pop ·

n Hond wat blaf is of honger, of kry koud. Mens kan jouself net indink watse lewe die stomme dier gehad het onder daai man. Daar is duisende mense wat glad nie diere moet he nie. Glad nie. God het ons aangestel oor diere, om na hulle te kyk, in liefde, nie om hulle te mishandel en te vermoor nie.

frank ·

As jy hom miskien laat binne slaap het , sou hy nie geblaf het nie
#dierehetookgevoelens

Justa ·

99,9% Van mense op hierdie aarde moet glad nie toegelaat word om diere aan te hou nie. Hoop jy word swaar gestraf en nie toegelaat om ooit weer n dier aan te hou nie.

Jan ·

Die klag van onwettige afvuur in ‘n munisipale gebied verstaan ek. Maar hoekom ‘n klag van diere mishandeling? Diere word tog gereeld uitgesit met vuurwapens, en as dit reg gedoen word is dit vinnig en 100% pynloos vir die dier. Of hy rede gehad het of nie, as ‘n eienaar ‘n dier wil uitsit dan mag hy mos. En solank dit eties gedoen word, hoekom die veearts betaal as jy dit self kan doen?

Justa ·

Goeie genade Jan, jy is een van die 99,9% mense wat nie toegelaat moet word om diere aan te hou nie. Sulke ongevoeligheid.

Jan ·

Justa, kom ons probeer eder iets konstruktief bydrae.

Sê nou hierdie hond – ten spyte van jou allerbeste poging en kundige hulp – was ‘n aggresiewe probleem dier. Maw 99.9% van honde sou droom honde gewees het onder dieselfde omstandighede, maar hierdie een ongelukkig nie. Wat sou jou 0.1% goedgekeurde mense dan gemaak het?

Justa ·

Daar word nie melding van gemaak dat die hond aggressief was nie, net dat hy baie geblaf het. 0,1% mense wat n ware liefde vir diere het sou probeer het om n oplossing te soek. Die hond was seker n buite hond wat geen liefde of aandag ontvang het nie en het dus uit verveling geblaf. As jy n ware diereliefhebber was sou hy die hond deel van sy familie gemaak het.

Anoniem ·

Ek verstaan jou nie Jan, jy weerspreuk jouself, jy se jy kan nie dink hoekom aangekla vir dieremishandeling nie… en dan se jy die vankantmaking van die arme dier moet eties gedoen word, nou my vraag aan jou is hoe eties is 6 skote? uit jou stelling verstaan ek dat eties sal beteken slegs 1 skoot, is ek reg? die hond het duidelik nie na die eerste skoot gedooi nie daarom het 5 ander skote gevolg… so Jan die hond het gelei… dus dieremishandeling. ‘n veearts sou beslis ‘n beter opsie gewees het aangesien hulle kennis hieroor baie beter is as joune en die man in die artikel en bo dit sou hulle die persoon heelmoontlik eerder aanraai om die hond te laat aanneem, maar as jy n hond wil uitsit omdat hy blaf, is dit so goed soos jy wil jou kind uitsit omdat hy speel… en dan moet jy eerder nie ‘n hond he nie en as jy so wil optree nog minder ‘n vuurwapen… Verder Jan gaan lees bietjie wat se die Dierebeskermings wet hieroor, Ek is bewus dat ‘n dier geen regsubjektiwiteit het nie of, baie beperk is, en gesien word as ‘n besitting in ons reg, maar jy kan iets leer oor die uitsitting van ‘n dier, want net soos jy en die man in die artikel, glo ek daar baie mense wat ‘n wanpersepsie het hieroor.

Tiger ·

Dit is BAIE dudielik uit die kommentare so ver min mense weet wat dit is om ‘n hond se aanhoudende geblaf in jou ore to hoor as die buurman se kat bo op die heining sit heeltyd!Mens weet ook nie of dit ‘n daaglikse gewoonte van die hond was om vir NIKS te blaf nie – ons sit met so probleem!- en die man net eenvoudig dit nie meer kon hanteer nie.Ek glo wel hy moes net een skoot gebruik het nie 6 nie.Hoe dit ook al sy hy was duidelik woedend verby.

Chris du Plessis ·

Om ‘n lastige dier as dit jou eie is vankant te maak is seker nie verkeerd nie maar ses skote beteken eenvoudig dat hy nie sy emosies kon beheer nie of dat hy ‘n baie swak skut is en albei verdien goeie straf veral omdat dit nog in munisipale gebied ook was. Net een berekende skoot en niemand sou gekla het nie .

Jan ·

Ek dink jy is reg, as dit deurdag gedoen was sou daar waarskynlik net 1 skoot nodig gewees het – met ‘n geskikte kaliber/ammo en op ‘n veilge plek waar jy nie die hele buurt gaan onstel nie.

Fransie ·

Skiet my maar, maar daar is niks erger op n rou senuwees as n hond se geblaf dag in en dag uit nie. Ek is n GROOT honde liefhebber, maar as my honde dalk blaf, is daar beslis iets of iemand, maar hulle hou nie aan en aan en aan nie. Ek was al baie siek by die huis, en glo my as ek kon sou ek ook die hond iets aangedoen het met daardie aanhoudende geblaf. Ek glo die ou was baie gestress en het seker toe net geknak.

Tammy ·

Hierdie person mag Nooit Ooit weer n vuurwapen besit nie! As enige vorm van irritasie jou so MAL maak dat jy 6 skote vuur is jy heeltemal onbevoeg om enige wapen van watter aard ook te besit. N Boog is vir die man te gevaarlik!! Nee ou pel ek hoop jy kry 6 skote terwyl jy aangehou word. Dit sal my lewenslange pliesier verskaf. Sien jou as uiters SLEG.

Bullseye ·

Stem saam Fransie. En party mense los hul honde om hul bure te irriteer met hul aanhoudende geblaf vir niks

griki ·

Ons bure het ‘n jong boerboel wat so af en toe ‘n blaf gee wanneer hy speel. Maar as hy aanmekaar blaf, gaan kyk ek – want dan is daar iets of iemand wat nie hoort nie. (Gewoonlik die telkomman by die telefoonpaal.) ‘n Mens kan dus jou honde leer om nie sommer net te blaf nie.

dikdaan ·

As elke plaasaanval maar so wyd en suid bespreek kan word soos 1 hond wat doodgeskiet word.

humor ·

Ken jy n hond? Wees versigtig vir daai tuinier vir wie jou hond so eindeloos blaf.

Ahooy ·

Baie baie geluk aan die polisie. hulle het weereens geslaag om n wetsoortreder te arresteer en toe te sluit. Skelms wet nie by sy woonadres oortree nie word mos nie gevang en toegesluit nie. Dit word vir maande “ondersoek” en nooit opgelos nie.
Die Boerboel wou die eienaar byt en hy het homself verdedig ?????

Janine ·

Toe nie….die hond het aanhoudend geblaf. Tsk. Weereens die eienaar wat nie sy hond kan laat oplei nie.

Joa ·

My boerboel slaap in die huis op ‘n groot kussing met 2 komberse oor haar. Wanneer sy blaf dan weet ek daar is iewers fout. Mense, dis baie veiliger om jul honde in die huis te laat slaap. Hulle is daar om julle te beskerm en te waarsku. Pas hulle asseblief mooi op. Hulle kry baie koud buite. Hoe sal jy voel as jy elke aand in die koue buite moet slaap?

maryks ·

ons het 2 pitbulle en hul slaap in die huis ons weet nie van hul nie,want hul is geleer,hul kry ook koud en verdien ook om warm te slaap.!!elke keer wat hul nog geblaf het was daar iets.!!hul blaf nie vir niks !!!!!!!

Christie ·

Die wat dit kan verstaan is net so pateties soos daai moordenaar.Daar eas baie ander opsies,bv Die hond kon binne geslaap het.Hy kon net bietjie moeite gedoen het maar hy was te slapgat.Klein brein.Daai arme hond was seker ook net ‘n tuin ornament.

Sarie ·

Kan iemand asb net bevestig hoekom die hond aanhoudend geblaf het? Ek het erens gelees dat die hond die ou se vrou wou aangeval het. Die tipe honde is baie tempramenteel en dit sal my glad nie verbaas as die hond ‘n mood swing gehad het en haar as ‘n vyand beskou het met die dat hy aanhoudend geblaf het. Die ou se vrou is moontlik dalk swanger gewees en die ou het die hond as ‘n bedreiging vir haarveiligheid beskou. As dit die geval is – wie gaan lewe – hond of vrou? Ek het 3 boksers, 2 jack russel en ‘n poedel. Dankie tog ek kon hulle dissipline geleer het om net te blaf as dit nodig is. Ek wil nie in die ou se skoene staan nie. Ek dink hy moet baie sleg voel.

Lalla ·

Sarie. die hond het geblaf niks van `n swanger vrou wat daar rond geloop het. ek het `n boerboel en sal haar vir niks verruil. Dit gaan alles oor hoe `n mens die hond groot maak! Ek is as kind deur `n bokhondjie gebyt (`n klein “liefdevolle bokhondjie”) en ek mos 15 steke kry so dis bull om te glo `n hond gaan jou byt want slegte gemors mense gebruik die hond as `n veghond. Ek het nie geweet dis `n hond wat vra gebruik my asb as `n veg hond. En my boerboel het nog nooit is vir my of my kind geknor nie. My poedel wat ek gehad het het nie baie van kinders gehou nie maar die mense sê poedels hou nie van kinders nie….. Ja sure

tw ·

Dit is vir my baie duidelik dat die persoon nie kennis het oor hoe om met honde te werk nie. ek sien en hoor daagliks van mense wat wil honde he, maar as dit by oordentlike versorging en diere kennis gaan is dit niks anders as skrikwekkend nie. n Hond sal nie net blaf vir geen rede nie, of daar nou n indringer is, hy honger, dors of koud is, of iets onder jou aandag wil bring, miskien is hy siek of jy gee nie die nodige aandag aan jou dier nie, baie dieselfde as kinders. Kinders huil ook nie sonder n rede nie, daar moet iets fout wees, al is dit net vir n bietjie aandag [sou dalk help as die man net twee minute aandag aan die hond gegee het]. gaan jy nou sommer jou kind ook skiet as die net aanhoudend huil?

Koos ·

Die persoon is oor 60, Moe’s. Seker baie geirreteer gewees het. Het self n probleem met bure se hond wat dag en nag blaf, mooi vra ernstig vra om die hond(Labrador) te vat vir opleiding hulle leer makliker. Maar nee dit Kos te veel en ander veskonings maar die honde het nou al vermeerder na 5 nou kan jy dink wat se geraas kan dit afgee. So moenie die persoon so maklik veroordeel nie. As jy genoeg gehad het, het jy genoeg gehad

Oplossing... ·

Mense..mense ..mense..
Meneer ek wil jou bedank dat jy die vinnigste manier geneem het om die dier ‘uit tesit” . Baie dankie dat jy nie “123” of die gewone “two step” benamings vir Temik gebruik het nie. daardeur sou die dier die erg moontlikste dood met pyn en trekkings tegemoed gegaan het. Baie ander vergiftig daagliks ons honde en loop steeds vry maar jy, meneer, sal nou getenig word omdat jy ‘n vuurwapen gebruik het. Ek wens al die klipgooiers kon sien hoe vrek ‘n hond van daai gif..
#regverdigheid

charlene ·

Mag ons Hemelse Vander sorg NOOIT enige vorm van enige dier het nie. Nie eens `n wurm nie want jy verdien NIE diere nie. Maar soos ek genoem het die manier wat `n man sy diere hanteer sê baie van hom en sy persoonlikheid.

Anoniem ·

Oplossing: die enigste oplossing wat daar moet wees moet nie jou naam wees nie maar eerder om jou te keer om sulke snert te skryf. vinnigste manier? wat? 6 skote? sho, as dit vinnig vir jou is wil ek nie weet wat is jou stadig nie…

Arizona ·

Jan wat rook jy? Genade. As jy honde het, kry ek hulle bitter jammer

Ben ·

Ek hoop van harte dat daar ‘n voorbeeld van swaar straf op hierdie drek-man gemaak sal word. En dat hy nooit weer toegelaat sal word om ‘n dier te “besit” nie. Mag die wet en God jou swaar straf.

Tammy ·

Weet iemand dalk wat vandag in die hof gebeur het. ….. Die skollie het seker borg gery!

CommentQueen ·

….ek was al lus om my bure se honde te skiet! Niks so irriterend soos n hond wat heel aand blaf vir niks en die buurman doen nog minder om die blaf te stop nie….
…ek het 2 honde. Baie baie lief vir hulle. Gehoorsame honde wat saam die gesin TV kyk en saam die kinders speel. Blaf wanneer dit nodig is. Ons raas nie as hulle blaf nie – kyk eers hoekom hulle blaf – dan sê ons dankie ons het gehoor….
Maar jy kry mense wat net gladnie omgee as die hond aaneen blaf nie!!
….En hou asb op om net aan te neem dat n hond wat buite slaap geen liefde en aandag kry nie. Miskien slaap hulle buite omdat hulle dit so verkies!!!

Amelia ·

Hy het nie beheer nie. Nie beheer oor sy hond nie en ooknie selfbeheer nie. As jou eie hond jou gek blaf, gee hom weg. Iemand anders sal die hond dalk beter versorg en versstaan. Dit is nou maar net ‘n feit, almal kan nie diere hanteer nie. Almal is nie diere mense nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.