Man vas wat byna halfmiljoen aan City Power skuld

ʼn 52-jarige man is in hegtenis geneem wat glo tegnici van City Power wou omkoop.

“Die verdagte is vroeër vandag by sy huis in Dainfern in Johannesburg in hegtenis geneem,” het Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, gesê. “Hy is aangekeer tydens ʼn operasie deur die Johannesburgse metropolisie se klandestiene eenheid.”

Die verdagte is een van 19 kliënte wat Woensdag geteiken is met ʼn operasie om hul kragtoevoer af te sny. Hy skuld R463 000 aan City Power vir elektrisiteitsverbruik, het Mangena bygevoeg.

“Die kliënt het tegnici omkoopgeld van R5 000 aangebied om weer sy kragtoevoer aan te skakel. Die tegnici het ingestem om [vandag] terug te kom om weer sy kragtoevoer te herstel en die geld te ontvang. Die polisie is in kennis gestel en die klandestiene operasie is gereël.”

Die verdagte is by sy huis in hegtenis geneem toe hy R1 500 aan die tegnici en klandestiene beamptes oorhandig het om weer die kragtoevoer na sy huis te herstel.

ʼn Saak van omkopery is aanhangig gemaak en die verdagte word by Douglasdale-polisiestasie aangehou.

“Ons wil kliënte waarsku om nie omkoopgeld aan City Power-beamptes aan te bied nie. Dit is ʼn baie ernstige kriminele oortreding.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Die Goodwoodianer ·

Eerlike mense (die tegnici in dié geval) wat eerder die fluitjie blaas moet erken word vir hul goeie dade. Welgedaan aan elk wat gehelp het met die inhegtenisname. Hoop dit lê die fondasie vir toekomstige oortredings.

RS ·

Great die man is gevang, maar wat van al die ander onwettige konneksies soos bv. in Soweto???

Kruger ·

R463 000????? Hoeveel jaar se verbruik is dit???? En daar word nou eers opgetree????

Anoniem ·

Vroeer jare was krag summier afgesny indien dit net ‘n maand agterstallig was.

LiveAndLetLive ·

Ek verstaan ook nie, hoe is sy krag dan nou eers afgensy

Cd ·

Diefstal is op alle vlakke van die samelewing. Die sg leiers stel maar die voorbeeld. .

Niklaas ·

Ons hoor nie vrek baie van sulke eerlike mense soos hierdie tegnici nie. Knap gedaan. Hoe kry mens dit reg om op te eindig met so ‘n yslike ke uitstaande rekening en skuld vir krag?

Danie ·

‘n Skelm bly ‘n skelm.
Gaan ooreenkoms aan vir R5000 en betaal net R1500.
Sies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.