Man vas wat glo bankkaarte kloon

Een van die kaartkloningstoestelle wat gevind is. Foto: Valke

Een van die kaartkloningstoestelle wat gevind is. Foto: Valke

ʼn Man van Serbië is Dinsdag in hegtenis geneem toe kaartkloningstoestelle in sy besit gevind is tydens ʼn klopjag wat die Valke op sy huis in Alberton gedoen het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die inhegtenisname is deel van ʼn georganiseerde teenmisdaadoperasie wat daarop gemik is om aandag te gee aan kubermisdaad.

Tydens die klopjag op die 50-jarige verdagte se huis, het beamptes 1 500 bankkaarte gevind wat reeds gekodeer was, 26 tegnologiese gevorderde kaartkloningstoestelle, asook R14 250 in kontant.

“Die verdagte sal Woensdag in die Johannesburgse gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn op aanklagte van bedrog, asook die oortreding van die wet op elektroniese kommunikasie en transaksies en die Rica-wet,” het Mulaudzi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JWK ·

Verkoop al sy besittings as boete en stuur die gemors terug van waar hy gekom het!!

mandie ·

Ek sweer een van daai 1500 kaarte is mynse. Ek is laasjaar n week voor kersdag so gevang. Ek het dit by die polisiestasie aangemeld en ek wag tot vandag vir hulp. Die skurke het met al ons geld weg gekom en daar is net mooi niks gedoen omtrent dit nie.

CR ·

Om en by die 8ste Desember? Want ek het ook daardie tyd deurgellop deur iemand wat my kaart gekloon het. Ek het dit dadelik by die bank aangemeld en ‘n week later toe is al my geld terug betaal. Hulle het 3 karate gemaak en al 3 gelyk langs mekaar by die atm ingedruk en dis toe die bank my bel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.