Man vas wat glo brande langs N1 stig

Argieffoto

’n 41-jarige man sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Kroonstad verskyn nadat hy Saterdag die veld langs die N1 buite die Vrystaatse dorp na bewering aan die brand gesteek het.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê ’n motoris het die verdagte omstreeks 11:30 langs die hoofweg sowat 20 km buite Kroonstad in die rigting van Ventersburg opgemerk. ’n Klein veldbrand het in dié stadium langs die pad gewoed.

Die verdagte het in sy motor gespring en weggejaag toe die motoris hom nader.

Die motoris het die plaaslike buurtwag gekontak en ’n beskrywing van die verdagte se motor aan die buurtwag verskaf. Die motor is later in Kroonstad opgemerk en die verdagte is met behulp van die polisie in sy motor na die plaaslike polisiestasie begelei.

Hy staan tereg ingevolge die oortreding van die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

DIABLO ·

Dude! Jy is 41!!! Jou dae van met vuur speel soos n stout 7 jarige is lankal verby. Word groot man!

Nie Verbaas ·

Borgtog en dan gaan hy aan waar hy opgehou het. Is dit nie hoe ons land se wet werk nie? Ek hoop maar hulle maak die keer n goeie voorbeeld van die persoon.

Johan ·

Brandstigting sonder beheer is SABOTASIE,want die gevolge kan katastrofies wees,selfs manslagting en moord. Die kleinste wapen kan ń vonk of vuurhoutjie wees….die swaarste straf moontlik behoort toegepas te word.

Frank John ·

Wonder wat het hom gemotiveer om dit te doen of sal ek vra, wie? Word hy daarvoor betaal en/ of is hy deel van ‘n groter komplot?

Pieter ·

Nee, party mense kan mos nie leef as alles om hulle nie pikswart verbrand is nie……..

JM ·

Steek aan die brand, breek af, verwoes! Sommiges se koppe kan net in een rigting “werk.”

Misky ·

Maak asb sy naam bekend en maak ‘n voorbeeld van hom. Die arme boere het genoeg bekommernisse

Chris dupreez ·

Ek hoop hy kry ten minste tien jaar tronkstraf, vir brandstigting, terrorisme, beskadiging van eiendom, ens.

Tanniepetoors ·

Ek verbaas my vir die gematigde kommentaar op hierdie laakbare daad. Brande het talle boere geruïneer en miljarde rand se skade aangerig die afgelope tyd.
Ek verbaas my dat die man nie geteer en veer was en in die brandende veld ingejaag was nie.

Kathleen ·

iemand soos hy wat nie self op ‘n plaas bly of gebly het en sulke verwoestende brande beleef het sal nie weet hoe dit voel nie . Behalwe dat jy feitlik geen beheer het oor waar dit gaan wanneer die wind waai is dit die mees magtelose senutergende gevoel . Ek hoop hy word vir ‘n baie lang tyd geboek .

Magda ·

Ek wens hulle Wil almal toe sluit wat die veld aan die brand steek. Ek Wil Mal word as ek sien hoe die voels moet vlug vir die vlamme. Hulle hande pla hulle.

Yvonne ·

Die Vrystaat brand…..die mens wat sulke goed doen en beplan is op die pad van selfvernietiging……verseker kan hy nie lang termyn dink nie…hoe tragies het alles nie geword nie…..nou wonder ek maar net was hy vir meer as die een verantwoordelik

Anoniem ·

Lae lummel, tien teen een is hy deur sy Party aangesê om dit te doen. Mag hy toegesluit word en die sleutel weggegooi word.

Sarel ·

Vir Brandstigting…moet niks verwag van die Regstelsel nie Beskermende Spesie…hy was honger

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.