Man vas wat glo diesel uit pyplyn steel

Argieffoto

ʼn 28-jarige man is in Kendall, Mpumalanga in hegtenis geneem op aanklag van die diefstal van diesel uit ʼn pyplyn.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê dit was ʼn gesamentlike poging van die Valke, Transnet en die SAPD.

“ʼn Daling in die druk in die pyplyn het die span bewus gemaak van die probleem. ʼn Intelligensiegedrewe operasie is van stapel gestuur en Airwing is ook ontplooi om te bepaal wat die daling kon veroorsaak.”

Sekgotodi het gesê die span het op ʼn nuutgeboude huis van blikplate in ʼn steenkoolwerf, waardeur die pyplyn vloei, afgekom. “ʼn Soektog van die huis het die span se agterdog bevestig. Hulle het toegang bekom tot die huis en die span het op ʼn gat in die pyplyn afgekom waar diesel uit die pyplyn getap is. Dié lekkasie het die daling in die druk van die pyplyn verklaar.”

ʼn Veiligheidswag aan diens het beweer hy dra geen kennis van die inhoud in die huis nie, maar kon aan beamptes sê aan wie die huis behoort. “Die eienaar is ʼn uitlander wat die plakkershuis glo huur sonder behoorlike dokumentasie. Hy is in hegtenis geneem toe hy by die toneel opgedaag het.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Scalla ·

Hulle werk almal saam met die skelmstreke, dit raak n lonende besigheid, hoop die gereg maak n voorbeeld van die betrokke persone

Genis ·

Lekker man, lekker… so kom maak hulle hier nes hulle wil..gaan probeer dit daar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.