Die polisie het ʼn vermeende dwelmhandelaar in hegtenis geneem wat glo dwelms aan skoolkinders in Plumstead, Kaapstad, verkoop het.
“Ná verskeie klagtes van lede van die gemeenskap en die buurtwag in Dieprivier, het die polisie ondersoek ingestel en waarnemings begin doen,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. “Beamptes het opgemerk dat skoolkinders, in hul skoolklere, dwelms naby ʼn vulstasie in Plumstead koop.”
Van Wyk het gesê die polisie het ʼn aansoek by die vervolgingsgesag ingedien om ʼn lokval op te stel. Die aansoek is goedgekeur en Vrydag uitgevoer. “Die operasie was suksesvol en ʼn 29-jarige uitlander is in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag gelê op dwelmmiddels.”
Hy het bevestig die polisie se ondersoek duur voort wat betref kinders wat dwelmmiddels koop.
“Die man sal na verwagting Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel,” het Van Wyk gesê.
“Uitlander” Hoekom sê hulle watter tipe uitlander nie. Word die persoon beskerm. Vra maar net? Dink moontlik aan nigeriaan? Vra maar net net?
Sulke mense verdien niks anders as die doodstraf nie