Man vas wat glo gesin met byl vermoor

handcuffs3-320x2574ʼn Man is Sondag in Douglas in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo twee gesinslede met ʼn byl vermoor het.

Kol. Priscilla Naidu, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die 53-jarige man is omstreeks 13:20 deur ʼn werker by ʼn golfbaan gesien. Die werker het die polisie ontbied en die verdagte, wat in ʼn veld weggekruip het, is in hegtenis geneem.

“Daar word vermoed dat die man sy 40-jarige suster en 19-jarige susterskind op 5 Maart met ʼn byl vermoor het,” het Naidu gesê. “Die man se 80-jarige ma en 17-jarige susterskind is ook tydens die aanval beseer. Albei is ná die aanval na ʼn hospitaal geneem, en is intussen ontslaan.”

Die man, wat saam met al vier gesinslede gebly het, het ná die aanval gevlug.

“Die verdagte was ontwater en hy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Hy sal binnekort na Kimberley oorgeplaas word vir verdere behandeling. Hy sal na verwagting binnekort in die Douglas-landdroshof verskyn,” het Naidu bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

“Die man was ontwater”. Het Kimberley se Groot Gat nie genoeg water vir hom nie ?

Peter Says ·

Jasper, op die bodem van die groot gat, dis waar hy hoort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.