Man vas wat glo gestremde meisie verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man (28) is Woensdagaand in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn 11-jarige verstandelik gestremde meisie verkrag het.

Kapt. Xoli Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het na bewering omstreeks 19:00 in ʼn woonstelblok in die Johannesburgse sakesentrum plaasgevind.

Volgens Mbhele het die verdagte altyd die meisie se ma gehelp om emmers te dra wanneer sy afgestap het om ʼn taxi te haal.

“Die slagoffer se neef het die verdagte bo-op die slagoffer gevind,” het Mbhele gesê. Die verdagte het glo die meisie gedreig hy sal haar slaan as sy vir enigiemand vertel wat gebeur het.

“Die polisieondersoek is steeds aan die gang en die verdagte sal binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Denise ·

Dit is nou siek al die mense wat onskuldige kinders vermoor.verkrag ,aanrand moet uit die saamelewing verwyder word ja dit klink kras maardie kinders is weerloos teen sulke DREK en dit is hartseer want n kind vertrou so maklik want man of vrou is dan die grootmens my hart is stukkend vir al die kinders wat so mishandel word . Al wat kinders vra is liefde aandag en veiligheid !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.