Man vas wat glo jong meisies by hotel verkrag

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Argief)

’n Man verskyn Maandag in die Pretoriase streekhof in verband met die onlangse verkragting van twee jong meisies by ’n hotel in die stad.

Die 45-jarige man is tans uit op parool nadat hy vantevore ook van verkragting aangekla is.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê die Sunnyside-polisie het Vrydag ’n klag ontvang van twee meisies, 11 en 13 jaar oud, wat by ’n plaaslike hotel verkrag is.

Die verdagte het glo vroeër die dag die meisies van Lotus Gardens in Atteridgeville na ’n drankwinkel in Pretoria-Wes geneem waarna hulle na die betrokke hotel is.

Die verdagte het ’n hotelkamer bespreek waarna hy na bewering albei meisies verkrag het. Die jongste meisie kon glo daarin slaag om uit die hotelkamer te ontsnap en alarm te maak. Hotelsekerheidslede en die polisie is ontbied en die man is in die hotelkamer in hegtenis geneem.

Genl.maj. Patricia Rampota, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisneming verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Magda ·

Daar is sekere DADE wat geen BORG moet kry nie en dit is een – GEEN BORG VIR VERKRAGTERS NIE.

Persheks Adri ·

Hy’s uit op parool nee hel man wie gee daai borg? Kan nie glo wat ek lees nie maggies man

Dries ·

Ek weet nie meer nie. Gaan tog so aan oor Gender Based Violence, dis mos nou amper weer tyd vir 16 days of activism, of wat ook al. Maar die verkragters loop buite op parool rond. Gaan hy hierdie keer lewenslange tronkstraf kry, soos Ninow?

JohanR ·

South Africa’s legal system…….die 45-jarige man is tans uit op parool nadat hy vantevore ook van verkragting aangekla is.

Connie ·

Hoe vra ek jou is hy uit op parool ook vir verkragting, en wragtig daar doen hy dit weer. Ons regstelsel is n joke.

Anel ·

Hy was al reeds uit op parool en so wasr as vet verkrag hy weer. Daar moet GEEN BORG OF PAROOL vir verkragters wees nie. Hulle kan nie gereabiliteer word nie. Sluit toe en gooi die slwutel weg. Wens die regstelsel wil bykom. As ek die ouers was dagvaar ek departement van korrektiewe dienste, siviel.

domheks ·

Regstelsel??? of korrupte stelsel???
Op parool vir verkragting, dan verkrag hy maar weer? SA is ‘n BAIE SIEK LAND!!!
Hoekom is hy in die 1ste plek uit – o ja nou onthou ek ramaparra het mos laat hulle uitkom oor die vol tronke!!!

Debbie ·

Hy was voorheen aan gekla van verkragting. Wat soek hy uit op die strate?

Yvonne ·

Hoe kry die man parool…….ek is verbysterd deurdie regstelsel……die land is tot in sy wese verrot

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.