ʼn 27-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op konst. Ben Koopman (53) van Kaapstad.
“Die man is Vrydag in Kleinvlei in Kaapstad in hegtenis geneem,” het kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Wes-Kaapse direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê.
Koopman is in Februarie vanjaar deur twee onbekende mans oorval toe hy na sy amptelike voertuig buite sy huis in Eersterivier gestap het. Sy dienspistool en ʼn tweerigtingradio is tydens die aanval gesteel.
Die man sal na verwagting Maandag in die Blue Downs-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Dit behoort teen die wet te wees om polisie te vermoor. Die polisie wedywer waarskynlik nou met die ANC-raadslede om die plek van tweede gevaarlikste beroep in Suid Afrika, met die blanke boere in die eerste plek. Verstommend om te glo (en in ‘n ander lig gesien miskien nie snaaks) dat daar steeds ‘n program op TV is met die naam ‘Boer soek ‘n Vrou’.
Liewe Vrouens wat man soek, gaan soek eerder ‘n man wat ‘n penpusher of ruimtereisiger is of so iets.
Hy moet natuurlik ‘n Jeep ook besit.
Klong van die Karoo, by my beteken Cherokee nie Jeep nie maar Piper.