Man vas wat glo kind (11) verkrag, vermoor

Argieffoto: Nico Strydom

Die 44-jarige man wat glo ʼn 11-jarige meisie van Cullinan, oos van Pretoria, verkrag en vermoor het, is in hegtenis geneem.

Maroela Media het verlede week berig die Pretoriase polisie het ʼn volskaalse soektog na die verdagte, wat aan hulle bekend was, van stapel gestuur nadat hy die meisie verlede Maandagmiddag in die Refilwe-nedersetting verkrag en vermoor het.

Die man het ná die voorval op vlug geslaan en is Dinsdagaand in Bronkhorstspruit aangekeer.

“Die polisie het inligting ontvang oor waar die verdagte hom bevind en het dit opgevolg. Hy is by sy skuilplek aangetref en in hegtenis geneem,” het kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, Woensdag gesê.

Die verdagte moet binnekort in die Cullinan-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Weereens ·

Weereens ‘n verkragting,w eereens ‘n kind, weereens ‘n vroulike slagoffer. Gillian Schutte, mag al hierdie vermoorde dogtertjies en vroue by jou kom spook. My hart pyn vir hierdie dogtertjie se wrede laaste oomblikke.

Francie ·

Indien mense wat skuldig is aan verkragting en of moord tereggestel word:
Sal die syfers van geweld teen vroue en kinders afneem?
Ek vra net?

Manna ·

Ek glo die root cause van al die verkragting is pornografie wat vrylik beskikbaar is en goed gekeur word deur die liberale mense en ons regering. Persoonlik dink ek dis siek.

tamboti ·

Nee Manna jy is verkeerd, pornografie,prostiytusie, drank, dwelms, bendes, onwettige wapens ens. is nie die oorsaak van die’ en ander misdaad nie.
Die ware rede is dat die hele NSA ‘n VERROTTE samelewing is waar onreg seevier, daar is nie behoorlike toepassing en straf van wet en orde nie, die regering is nie verbind daartoe nie, want hulle besef om aan bewind te bly moet hul die golf van misdaad ry en nie probeer teesit nie.
Daar is nie omkeer of regstel totdat hierdie geweldenaars en korruptes alles en almal verteer het nie, of totdat ‘n mag van buite hulle uitwis nie. Soos byvoorbeeld die Islam wat met uiterste geweld die bevoking in orde hou.
Ons beleef die HEL reeds in SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.