Man vas wat glo kleuterskool se Covid-19-geld steel

(Foto: Maroela Media)

ʼn Man wat glo R150 000 se Covid-19-hulp aan ʼn Kaapstadse kleuterskool in sy eie sak gesteek het, is in die Pretoriase handelshof op borgtog van R3 000 vrygelaat.

Die 45-jarige Lesiba Samuel Modiba het glo die geld van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) wat reeds in Mei vanjaar aan die Durbanville Kleuterakademie betaal moes word, gesteel, het kapt. Ndivhuwo Mulamo, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die uitbetaling vorm deel van die regering se noodreaksieplan op die uitbreking van die Covid-19-pandemie.

“Die ernstige korrupsieondersoekeenheid is bewus gemaak van die diefstal en ná ʼn deeglike ondersoek is Modiba Maandag in Hammanskraal in hegtenis geneem,” het Mulamo gesê.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het ook reeds ʼn bewaringsbevel in die hooggeregshof bekom om die geld in Modiba se rekening te laat bevries.

Die saak teen hom word op 18 November hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dries ·

As dit kom by geld ROOF, moet borgtog gelykstaande wees aan die bedrag GEROOF, regtig. Hierdie borg-uitsprake in ons land laat veel te wense oor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.