Man vas wat glo ma, suster aanval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo sy ma en suster met ʼn mes in Diepkloof, Soweto aangeval het.

“Die 24-jarige het Sondag glo sy 60-jarige ma en 36-jarige suster aangeval,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het van die toneel gevlug, maar is later aangekeer toe inwoners aan die polisie kon vertel waar hy hom bevind.” Die man het glo by een van sy bure weggekruip.

“Sy ma en suster is na Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem,” het Makhubela bygevoeg. “Hulle is in ʼn ernstige toestand.”

Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Die man sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dave ·

Hy het hulle met ‘n mes aangeval. Die motief vir die skietery is nog niie bekend nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Dave,

Dankie, dit is ‘n vreeslike fout wat ingesluip het. Ons het die wysiging aangebring.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Dave ·

Dankie Sunè… dankie vir jou reaksie en verskoon dat ek nou eers terugkeer hierheen.. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.