Man vas wat glo meisies op plaas verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 43-jarige man wat na bewering twee meisies op ʼn plaas in die Alexandria-gebied in die Oos-Kaap verkrag het, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Kapt. Luvuyo Mjekula, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het glo twee weke gelede die twee meisies, onderskeidelik ses en nege jaar oud, in sy huis op die plaas verkrag. Alexandria is ongeveer 100 km noordoos van Port Elizabeth geleë.

Volgens Mjekula het ʼn onderwyseres van die twee kinders van die beweerde verkragting bewus geraak gedurende ʼn opvoedkundige program wat by hul skool gehou is tydens Nasionale Kinderbeskermingsweek.

Die onderwyseres het die voorval by ʼn maatskaplike werker aangemeld wat verklarings by die kinders afgeneem het en die saak by die Alexandria-polisie aangemeld het. Die man is kort daarna by sy huis in hegtenis geneem.

Die saak is Maandag tot 28 Junie uitgestel wanneer die verdagte om borgtog sal aansoek doen. Hy sal tot dan in polisieaanhouding bly, het Mjekula gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pammy ·

Riaan Myburgh, ek stem saam met jou en Regter Mabel Jansen. Nuwe sport op die Suid Afrikaanse lys van sport soorte. Verkragting en Brandstigting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.