Man vas wat glo motorhandelaar bedrieg

Argieffoto (Foto: Peter H /Pixabay)

Mduduzi Nhlapo (33), wat van bedrog aangekla word, is vrygelaat op borgtog van R3 000 in die Palm Ridge- gespesialiseerde handelsmisdaadhof.

“Nhlapo word daarvan beskuldig dat hy vervalste bankstate en salarisstrokies ingedien het toe hy in April 2017 vir R696 000 se motorfinansiering by ʼn Mercedes-Benz-handelaar in Sandton aansoek gedoen het,” het kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê.

Die Valke se eenheid in Johannesburg, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, het Saterdag reageer op die lasbrief en Nhlapo in hegtenis geneem op aanklag van bedrog by sy huis in Orlando-Oos in Soweto.

Hy het Maandag in die hof verskyn. Die saak is tot 24 Junie uitgestel waar sy meisie, ʼn medebeskuldigde, Ntandokuhle Khumalo (30), saam met hom in die hof sal verskyn. Khumalo is al in Desember 2018 in hegtenis geneem in verband met dieselfde bedrogsaak en is vrygelaat op borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alta Alleman ·

Iemand het nie hulle werk gedoen in die admin afdeling nie.

Anel ·

Kyk, bedrog is bedrog. Maar vergelyk nou hierdie saak met die een waar die dokter bedrog pleeg. Lyk my hoe groter die bedrog hoe kleiner die straf. Of dalk verstaan ek net verkeetd!

Kobus ·

@Alta. U is verkeerd. Voornemende kopers bied dokumente tydens aansoek om finansiering aan. Die persoon wat die aansoeker help,verifieer die dokumente en stuur dit na die banke. Die banke se stelsels is in plek om bedrog te identifisser. Skelms kloon identiteits dokumente en persoonlike inligting wat moeilik met die eerste oogopslag speurbaar is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.