Man vas wat glo motorwag doodslaan

Argieffoto

ʼn 25-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn motorwag doodgeslaan het.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 26-jarige motorwag is Dinsdag omstreeks 19:30 op die hoek van Rissik- en Pritchardstraat doodgeslaan.

Volgens Mbele het die verdagte na bewering sy Toyota Yaris in die straat parkeer en by ʼn kitskosrestaurant gaan kos koop. Toe hy terugkeer, het hy gesien dat twee sakke waarin toiletware, ʼn ID-boek en ʼn matrieksertifikaat was, uit sy motor verdwyn het.

“Hy het die motorwag oor die sakke gevra en ʼn bakleiery het ontstaan waartydens hy die motorwag glo met sy vuiste geslaan het. Die verdagte het weggery en paramedici het die motorwag later op die toneel dood verklaar.”

Mbele sê die polisie het die verdagte by sy huis in Alexandra opgespoor waar hy homself aan die polisie oorgegee het.

Die man sal Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Andrea van Vuren ·

Kitskosrestaurante en verdagte karwagte werk nie meer. Korrupsie het tot op karwagvlak deurgesypel.

Richard ·

Sjoe! Die kommentare op hierdie berig is skokkend gevoelloos. Dis ‘n mens wat doodgeslaan is, mense… Met vriende en familie en ‘n lewe…

Ek wonder hoe die kommentare sou gelyk het as die berig gesê het die karwag was ‘n 65-jarige wit oom, en die 25-jerige man wat hom doodgeslaan het, was swart.

KoosGrapJas ·

Ek vertrou nie karwagte nie, my ondervinding met hulle is uiters negatief. Deesdae vermy ek hulle totaal, hulle is deel van die probleem, nie deel van die oplossing nie.

Ben ·

My ondervinding is dat die meeste van hulle 1) nie Suid Afrikaners is nie? 2) Hulle het geen doel as om nog geld te bedel want 3) hulle kan nie ‘n motordief stop nie. Ek stel voor sentrums kry Kameras en ‘n beheer kamer met ‘n opgeleide sekuriteits span wat ‘n voertuig tot hulle bekiking het. Samerwerking met die SAPD. Maak kamera inligting beskikbaar net soos WiFi sodat beeld op celfoon opgevang kan word.

TLC ·

Ben jy slat die spyker op sy kop Hier by ons spar in moot str Daspoort Duidelik nie wagte van S.A. nie en die dag besluit ek ek gee nie meer n sent vir hul nie Sal hy wragtag my agter ruit met n plathand klap

Anoniem ·

Ek dink ook karwagte is n negatiewe element in die samelewing. Hulle raak arrogant as mens nie geld gee nie, en teister vrouens en oumense wat alleen is. As ek vir elkeen net R5 gee, werk dit uit op R1500 n maand, ek ry baie rond vir werk. Dit is vier keer meer as my versekering.

MissDemeanor ·

So ek neem aan jy voel dat een dooie karwag = een karwag minder wat jou lewe versuur. Interesant.

DHK ·

MissDemeanor, nou hoe kom jy by daardie totaal belaglike gevolgtrekking van jou uit? Pure moedswilligheid?

Piet Pompies ·

Die motorwagte in ons omgewing word gereguleer en gee graag wat hulle verdien. Elke jaar kry die een motorwag by Tarentaal sentrum Nelspruit ‘n kers bonus omdat hy my vrou altyd mooi help met goedere as alleen dorp toe gaan. Petros, jy verdien jou geld.

plagie ·

meeste karwagte is eerlike mense wat n geleentheid aangryp im n inkomste te verdien. ek vind hulle behulpsaam en hoflik. seker die mense wat verwag iemans moet gratis en mahala hulle kar oppas wat sulje rwak kwyt raak.

die wit wolf ·

Richard : Hoe uiters polities-korrek van jou , om so n’ linkse liberale standpunt in te neem, hopelik is jy net so senstieif op al die bose dade teen blankes?

Guve ·

Hul bedel ni,hul probeer tenminste hul geld eerlik verdien,en hul kan ni omgekoop word ni,is vriendelik,behulpsaam,in elke werk is goeies en slegtes

Koos ·

Karwagte is meestal nutteloos. Ek betaal nietemin graag as my kar op ‘n plek is waar dinge nie so veilig lyk nie. Meeste is egter selfaangestel en niks anders as vermomde bedelaars nie. Soms is dit so erg daar is een vir elke drie karre. Ek is eenkeer te voet na ‘n winkelsentrum toe, het skaars die parkeerarea betree toe een vra of hy my kar kan oppas… Daar was nog altyd armoede, en tog was daar nie so verskynsel in die 1980’s of vroeër nie. Ek weet van talle mense wie se karre beskadig is en dan trek die karwagte maar net skouers op. So – weg met hulle! Soos meeste bedelaars sal hulle eerder bedel en iets vir niks kry as om fisies te werk vir ‘n beskeie loon.

Skyspy007 ·

Niemand kry iets vir niks nie, was my kar, pas hom op vir ‘n uur sonder om na ander se karre te kyk en ek betaal jou met graagte. HOU OP BEDEL!!!!!

Mickey ·

My ma was nou die beroof terwyl die wag toe gekyk maar om alle wagte uit te maak as sleg is nie regverdig nie. Van hulle is goeie mense en om karre op te pas is hul enigste inkomste. Hulle staan en brand in die son of reën nat op koue dae. Ons moenie oordeel nie en hoe lekker kan dit nou wees om iemand dood te slaan?? Ek is dankbaar dat ek nie in hul posisie is nie.

Anel ·

Ek stem saam. Geen probleem met Nelspruit se karwagte nie. Sonder hulle kom jy nie veilig uit jou parkering nie. Een het selfs eendag vir my van sy avos gegee wat hy te veel gehad het. Ek gee graag hul geldjie en as ek nie kleingeld het nie ‘n koeldrank wat hul altyd met groot dank aanvaar.

VanAfrika ·

Ek tip graag net blanke kar wagte, hulle toon respek en is altyd vriendelik. Hulle druk hulself nie teen jou ruit om seker te maak jy tip hulle nie. Daar is niks wat my grensloos irriteer as wanneer ek uit my kar klim maak hy seker jy hoor en sien hom. As ek terug in my kar klim sorg hy dat hy teen my kar se venster staan sodat ek hom sien voor ek ry. Ek koop elke dag melk en brood en ek tip nie by kafee of Spar nie want ek het regtig nie elke dag R2.00 vir n tip nie. Dis vir my net n “money racket” storie, orals waar jy stop moet jy betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.