Man vas wat glo opsigter aanrand, suster vermoor

Argieffoto

ʼn Vyf‑en-twintigjarige man sal Maandag in die Coligny-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hy na bewering ʼn 60-jarige man aangerand en later dié man se suster vermoor het.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê Pogiso Modiboe (25) het Vrydag vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklag van moord, aanranding en verkragting waar die saak teen hom na môre uitgestel is.

Sy inhegtenisneming kom nadat hy na bewering Dinsdag na ʼn plaas op die Dupperspos-pad buite Coligny gegaan het, waar hy die plaasopsigter, Oupa Tatios Ndarala, na bewering aangerand het. “Hy het glo geld, kruideniersware en ʼn fiets gesteel en die plaas verlaat,” sê Myburgh.

Ndarala het hulp ontbied en hy is in ʼn hospitaal met kopbeserings opgeneem. Hy is later dieselfde dag weer ontslaan.

Ongeveer ʼn uur later het Modiboe glo vir Dimakatso Jane Ndarala, Oupa se suster, raakgeloop. Sy het gewag vir ʼn saamrygeleentheid dorp toe nadat sy vroeër by haar broer gekuier het.

“Modiboe het haar na bewering verkrag en toe vermoor deur haar met ʼn groot klip oor haar kop te slaan. Hy het na bewering haar liggaam tussen bosse naby die pad gelos waar dit die volgende oggend ontdek is. ʼn Deeglike ondersoek deur speurders van Coligny het tot Modiboe se inhegtenisneming gelei,” sê Myburgh.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Jy klink verskriklik simpatiek gesind jaco. Dit is jammer dat die land verval het tot die vlak waar dit is. Daardie mense verdien werklike simpatie want die boosaards is gevoelloos.
Daar word relatief dikwels verwys na ± 57 mense wat per dag vermoor word is SA. Grootste hoeveelheid van hulle Jaco, is swartes. Hulle suffer ook.

Anne ·

Nóg ‘n plaasaanval. Feit bly staan dat dit op ‘n plaas gebeur het. Wat’s die kans dat dit die aandag gaan trek van die powers that be?

Karlahari ·

Gaan Coligny nou weer n brandpunt word?
Of is dit net as daar n blanke by betrokke is dat moord uitgebuit word om rassehaat in die land te stook tot voordeel van Zuma en sy blameer apartheid mentaliteit?

Michelle ·

Dit is ‘n wrede moord wat gepleeg is maak nie saak watter ras of kleur nie die moordenaar moet van die samelewing verwyder word hy moet nooit weer sy vryheid daar buite sien nie hy is ‘n gevaar vir enige persoon daar buite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.