Man vas wat glo plaaswerker aanrand

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 56-jarige man sou Donderdag in die Vredendal-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy glo ʼn plaaswerker aangerand het.

AO Joseph Swartbooi, woordvoerder van die polisie, het bevestig die man is Woensdag in hegtenis geneem, maar hy wou nie meer inligting oor die presiese omstandighede bekendmaak nie. Maroela Media verneem die beskuldigde het na bewering die man aangerand toe hy glo onregmatig sy perseel betree het. Die slagoffer is ná die aanranding in die hospitaal opgeneem.

Swartbooi kon teen 14:30 vanmiddag nie bevestig of die man reeds in die hof verskyn het nie en sy naam kan dus nog nie bekendgemaak word nie. News24 berig egter die beskuldigde is die eggenoot van ʼn voormalige burgemeester van die Matzikama-munisipaliteit.

Intussen het AfriForum bevestig dat die beskuldigde ʼn lid van die organisasie se plaaslike tak is en dat sy lidmaatskap summier opgeskort is hangende die uitslag van die hofproses.

“’n Ander AfriForum-lid van dieselfde tak het op die voorval afgekom, waarna hy gereël het dat die slagoffer na die hospitaal geneem word en ook as ooggetuie ’n verklaring by die polisie afgelê het,” sê Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof.

“AfriForum veroordeel ten sterkste alle vorme van geweld en die skending van mense se waardigheid, ongeag wie die slagoffer of oortreder is. Mense wat hulle aan enige vorm van geweld of die skending van iemand se menswaardigheid skuldig maak, moet die gevolge daarvan dra.”

Kriel sê die reg moet nou sy gang gaan. “AfriForum glo in ’n samelewing wat gebou is op wedersydse erkenning en respek. Te midde van die groeiende polarisasie in die land doen AfriForum ’n beroep op almal in die land om goeie verhoudinge tussen gemeenskappe en individue te bevorder en hulle te weerhou van enige optrede wat inbreuk op mense se waardigheid en fisieke veiligheid maak,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Sake ·

Elke saak het twee kante. Sê nou net die knaap wou die plaaseienaar doodmaak? Hoe sou hy weet?

Nossob ·

Lees ek reg? Afriforum draai eerder hul rug op hul lede? Gedog hulle sou eerder die man bystaan tot die ondersoek af gehandel is? Laat mens wonder

Johan ·

Afriforum en solidarireit help absoluut niemand as dit nie vir hulle groot publisiteit en geld inbring nie. Hulle glo ook nog vas aan n reënboog droom. Manne en dames, probeer self werk sover moontlik. Waar nie moontlik nie, stel jou naaste aan om vir jou te werk en betaal jou naaste goed. Dit sal met jou goedgaan.

Francois ·

Kan julle my reg help asb:
As ek n persoon vind in my agterplaas wat n muur om het met spikes daarop……mag ek die persoon aanrand met n stok byvoorbeeld ?
Of moet ek eers wag totdat hy n mes uitpluk of my fisies aanval ?
Of moet ek hom eers mooi vra om weer terug oor die muur te klim ?
Die probleem is dat ons bly in n baie gevaarlike land en die kans dat hy gekom het om my dood te maak is hoog.
Dus wat is my regte ?
Dankie

HPV ·

Francois in die siek hool het blankes geen regte nie, selfs al steek hy jou vol gate mag jy jouself nie, sonder die risiko van vervolging, verdedig nie.

Ampie ·

Die strafproses stel dat jy kan optree as jy of jou eiendom in gevaar is of beskadig gaan word. Jy mag die nodige geweld gebruik on dit af te weer mits die aanval nou plaasvind. So die bedryging moet nou plaasvind. Hy moet jou nou aanval. As hy jou klaar aangeval het en hy hardloop weg en jy skiet hom gaan jy sukkel om dit te regverdig. As hy besig is om in my plek in te kom deur n venster te breuk gaan by dalk net pakslae kry. Onthou net jy moet bewys dat jou optrede regverdig was. Maar ja … Wet word ongelukkig nie altyd so toegepas op almal

Veritas ·

Geel Baadjie, ons moet net onthou dat die skoen nou aan die ander voet sit. Hier in die sestigerjare was ek ‘n Patrysspeurder. Ons het as skoolseuns saam met die polisie gewerk en het gesien hoe dinge daardie dae gewerk het. Vandag is dit andersom. Natuurlik ken ons nie die omstandighede in hierdie geval nie. Die boer het dalk uit radeloosheid opgetree. Dalk was dit eers ná die soveelste waarskuwing dat hy sy humeur verloor het.

Tik tok tik tok ·

Slagoffer wou seker stukkie grond he
Hy was tog die oortreder
Nee ek praat nie goed wat hier gebeur het nie
Het ons wat blank is nie genoeg geleer nie
Maar met al die grondgryp storie gaan dit almeer voorkom
Want ek gaan mos ook nou nie stil sit nie

Thinus Erasmus ·

Ek gaan weer my nek lank rek hierso: die inligting is baie beperk maar hoekom
spring Afriforum so vinnig om die persoon se lidmaatskap op te hef,
Hier is bewerings dat die “slagoffer” die boer se eiendom betree het
As daar ‘n rede was dat die boer geweld moes gebruik (in die ou dae was dit provokasie genoem) of dat hy eerste aangeval is, is dit hoe ek as lid van AF behandel gaan word?
Is daar geen sprake van bystand aan “beskuldigde” – dus impliseer hulle sommer dat hy skuldig is
Ja dis so dat geweld ten sterkste afgekeur moet word, maar hoe verdedig jy jouself dan teen geweld??
Afriforum julle moet asb. verduidelik, julle kan nie beperkte inligting deurgee en net een kant van die saak weergee nie!

Annamarie Olivier ·

Plaaswerker aangerand, maar hy werk nie vir die boer nie hy oortree op sy grond???
Berig asb die waarheid.

Staak saam ·

Niks anders as reg nie, wat soek hy op die boer se grond.
Mag jan publiek sommer kortpad deur die unie gebou of deur die Nissan fabriek vat, nee mense, dit is privaat grond en privaatheid moet gerespikteur word. Daai boer se grond is val van sy vorraad en dit is tot vir die publiek.

Lana ·

Jerry, vir die eerste keer in ‘n baie lang ruk, stem ek saam met jou!!

Kobus ·

Die boer het sekerlik ‘n siviele arrestasie op die betreder uitgevoer. Dié betreder het hom natuurlik teëgesit of wou ontvlug. Natuurlik moet jy hom dan hardhandig arresteer!

kolla ·

Daar’s ‘n verskil tussen ‘n optrede om iemand onder bedwang te bring vir oorhandiging aan die polisie en ‘n geval waar jy hom so aanrand dat hy in die hospitaal beland.

Diederik ·

Afriforum soek net ons geld . Het dieselfde oorgekom met vals klagte teen my. Hulle tot vandag nog nie terug gekom na my toe nie.

Sputnik ·

Wow nou mense! Waar in die berig staan geskryf dat die man ‘n boer is? Hy kan wat my betref ‘n werkswinkel of drankwinkel bedryf.

PJC ·

Mense sal moet leer dat ń mens nie net links en regs mense kan aanrand nie. Nerens sien ek dat die ou enigsins bedreig is nie. Ek het net so ń wrewel in hierdie mense se manier van doen maar dit beteken nie dat gesonde verstand by die venster moet uitvlieg nie.

se net ·

hoekom het die ander lid van agriforum wat die slagoffer bygestaan het nie ook die eienaar bygestaan nie ,albei is tog lede van agriforum, of is dit weereens n geval van ek sal die mes dieper in jou rug druk.!!

Hendrik ·

Daar is n regsbeginsel wat lui” not guilty untill proven otherwise”. Hierdie persoon se persoonlike veiligheid was bedreig en het dienooreenkomstig opgetree. Afriforum se optrede slaan my absoluut dronk. Alhoewel dit hul reg is om alle aanrandings te veroordeel, het hulle sommer self jury en judge gespeel en die ou klaar skuldig bevind. Sies Kalimari, julle behoort julle te skaam. As dit die manier is waarop julle jul lede uitverkoop, wil ek verder niks met julle te doen hê nie. Vandag kanselleer ek my lidmaatskap.Sies, skaam julle

Carla ·

Net verlede week bel Afriforum my oor my lidmaatskap….begin al hoe meer vir my lyk of hulle baie kieskeurig is vir wie hulle in die besse tree…wat hartseer is want ons eie mense draai teen ons…..

rina ·

Afriforum is duidelik eerder vir die ander groep as vir ons eie mense, sorry Afriforum ek gaan my bydrae by julle staak met onmiddellike effek

Toela ·

Ek het reeds my lidmaatskap met Afri forum beeindig. Ek het aangesluit nie dat my debietorder elke jaar met 7.5% opgaan. Nou prober hulle ander tevrede stel, nie n saak met die boer nie.

Afriforum moet verduidelik ·

Vreemd dat Afriforum die saak teen Duduzane Zuma en teen Mugabe en BIZOS opgeneem het vir NIE-LEDE, nou dat ‘n LID in die moeilikheid is en hulle NOG nie die waarheid het of in ‘n hof verskyn het nie het hulle KLAAR sy lidmaatskap beeindig . so MENSE, as jy op AFRIFORUM se hulp gaan staatmaak as INDIWIDU maak jy ‘n HELSE FOUT .. as groep (met ‘n paar anderskleuriges in) ja, maar andersins . NEE !! JA niemand vat die kant van ‘n aanrander of moordenaar nie MAAR KEN JULLE DIE STORIE? Die swartes staan BANKVAS agter ANDILE wat witmense wil doodmaak en AFriforum skop sy lid wat ‘n oortreder vasgevat het onder die jack,

Sjoe ·

Ja dit is hartseer..
Afriforum? Is dit die waarheid wat ek hier lees.. moet ons nou ons lidmaatskap kanseleer omdat gebeurtenisse nie duidelik deur julle berigte weergegee word nie?

Thinus Erasmus ·

‘n dag later en ons wag nogsteeds vir antwoorde, daar is ook berigte op radio.
Afriforum jul doen nou dieselfde as ander maatskappye om ondeurdagte besluite te beskerm/probeer verdoesel en om net polities korrek te probeer optree.
Ons is mense, ons maak foute, behandel ons so, ons stel nie belang in mooi praatjies en eierdans nie.

penny ·

Dink Afriforum is swak ,al wat hul oor bekommer is jou debiet order,bel jou vinnig as hy nie by bank afgaan ,maar lyk my as jy wel n probleem het trek hul hul handjies terug ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.