Man vas wat glo R71 miljoen by werk steel

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Man van Oos-Londen wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn groep maatskappye uit R71 miljoen bedrieg het, het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Henry Louis Fourie Schreuder (53) is op borgtog van R100 000 vrygelaat nadat hy homself by die Valke se Oos-Londen-kantoor oorgegee het.

Lt. Anelisa Feni, ʼn woordvoerder van die Valke, het gesê dat Schreuder voorheen die finansiële hoof van Floorworx, ʼn vloerbedekkingsmaatskappy, was. Hy het na bewering tussen 2005 en 2015 valse krediteure op die maatskappy se stelsel gelaai en dan betalings aan dié krediteure goedgekeur. Die maatskappy se hoofkantoor in Johannesburg het die betalings, R71 miljoen in totaal, gedoen omdat Schreuder dit goedgekeur het.

Betalings is glo in Schreuder se private bankrekening inbetaal, waarna hy glo gedeeltes van die geld na sy vrou en seun se rekeninge oorgeplaas het. Die Valke beweer ook dat hy ʼn groot gedeelte van die geld gebruik het om mee te dobbel en luukse items soos motors, juwele en Persiese tapyte te koop.

Die saak is in Desember verlede jaar na die Valke verwys nadat iemand van die onregmatige betalings bewus geraak het. Schreuder sal op 5 April weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

danie ·

Dit is amper R600000.00 per maand, en niemand kom dit agter nie, ek spot altyd en se as jy gaan geld steel moet jy dit die moeite werd maak. Die ou moes na die eerste 20 mil afgetree het.

Johann Marx ·

Hoeveel transaksies doen Floorworx teen watter winsgrens dat hulle nie oor 10 jaar kan agterkom dat R71 miljoen net “weg” is nie? Is daar nie jaarlikse direksie vergaderings waar finansiële state onder ‘n vergrootglas geplaas word nie? Ek wil ook begin vloere insit….

Karma ·

@Johann Marx, dit klink relatief onmoontlik om sóveel geld te verduister, maar eintlik is dit nie so ingewikkeld nie. Mnr. Schreuder was die finansiële hoof (FCO) van die maatskappy. En die bedrog het oor 10 jaar plaasgevind. Hy is die ou wat die “jay” of “nay” vir diensteverskaffers en betalings gegee het. Die enigste manier waarop dié tipe bedrog uitgevind kan word, is as iemand ondersoek sou instel na watter bankrekening die betalings gedoen is. ‘n Krediteur-profiel is maklik genoeg om op te stel op ‘n interne boekhoudingstelsel. FICA-dokumente kan vervals word en hy was buitendien die ‘kaptein aan stuur van die skip’. Fakture is ingedien vir dienste gelewer en tydens finansiële of direksie-vergaderings is die uitgawes bloot bespreek en teenoor die begroting gebalanseer. As iemand egter op sy persoonlike bankrekening kon ingaan, sou hulle sekere betalings kon “match” met die maatskappy se uitgawes.

BoereBikerBaby ·

R71miljoen en kry net R100 000.00 borgtog?… lol…

Jeanette ·

En dan is die R100 000.00 borgtog nog deel van die R71 miljoen gesteelde geld wat hy betaal het…

Wind ·

Goeie genade! Hoekom is die rekenmeester nie al lankal afgedank nie. Geen betaling kan gedoen word sonder n gekanseleerde tjek, brief van bank as ‘n nuwe begunstigde gelaai word nie. Besighede moet ordentlike rekenmeesters aanstel en hul ordentlik vergoed. Al die besighede wil bespaar in daardie afdeling, maar ek glo as daar ‘n 71miljoen foutjie kom soek almal die fout op n ander plek.

Michael ·

Ek stem saam met Danie ek sê presies dieselfde die ou was gulsig gewees maar ek kan verstaan met daai geld kon ek ten minste ‘n klein gedeelte van my skuld betaal??

tamboti ·

Laat hom die geld terug werk vir Floorworx (entry level), en dan naweke en vakansies vir die res in sy lewe by ‘n shelter werk – badkamers en vloere was, en dan die skottelgoed – hy is gierig se baas.

Jan maak n Plan ·

Dit wil my voorkom of slim sy baas gevang het. Leer mense nooit nie. As jy geld steel by die werk gaan jy op ‘n tyd gevang word. Hierdie ou kan bly wees hyt nie by die mafia gesteel nie ander was hy viskos.

Jan ·

As dit bewys kan word behoort 1 jaar vir elke miljoen te doen!

ig ·

Laat my weer dink aan die gesegde- To trust is good,to check is better

REGINA ·

Hy het toe sy “plafon” bereik, hoer kan jy nie juis gaan as dit nie! Daar R71 m is beslis “geblaas”, ek is seker daarvan hy moes raap en skraap vir daardie borgtoggeld!

Bokram ·

Dit is mos n magdom geld,as ek hy was sou ek al lankal pad gegee het oorsee,slim vang tog sy baas

Boffin ·

Duidelik het hy geld onder die mat by Floorworx onder probeer in vee.

Johann ·

Sjoe, 10 jaar om vas te stel daar is bedrog gepleeg! En dan nog só ‘n ontsaglike groot bedrag! Die man het senuwees van staal. Ek twyfel sterk of hy dit alleen kon doen. Iewers moet daar ‘n medepligtige wees.

Darius Els ·

As n navorser en kommunkasie persoon,het ek weereens gevind my mond hang van self weer oop.
As dit regerings misdade was ,was die duiwel los met
swetsende en weerwraak gesegdes op die blad.
Toe dit n “wit afrikaner “is ,is almal skielik verbaas en kan nie glo nie.So bewys ons net die vyandige regering is nis verkeerd as hulle rassisme skreeu nie.

Lulu ·

Darius miskien verstaan jy die kommentare verkeerd. Almal is verbaas omdat dit die maatskappy solank gevat het om agter te kom so baie geld is weg.

Griki ·

Ek dink jou kommunikasievaardighede het jou bietjie in die steek gelaat.

Andrè Du Plessis ·

Soek die verskil,., R240 000 000 vs R71 000 000
Its written in black and white,,,,, eish

ig ·

Darius,as dit regeringsmisdaad was het hy my en jou geld gesteel.Die regerings diestal beloop miljarde rande.Miskien was hy besig met opleiding vir n regerings posisie.

Tina du Toit ·

Blikemmers, hy het hulle geloei en nou word hy geloei. Dink hy nou wragtig hy kon weg kom daarmee???? Ek glo daar is nog partye betrokke. Hopeloos te veel geld vir een ou.!!!!

tina vans ·

nee kyk! hy kan maar hoor!
ag strooi man, wees almal eerlik, julle bewonder hom!
daai geld wat hy gevat het het hy maar net uit die fat cats se sakke gehou, en hulle het dit elk geval nie agter gekom nie!

m ·

Sy gierigheid het hom nou in die moeilikheid gebring!!! Hy kon nou lekker geleef het…..

minki ·

Daar is nie iets soos klein of groot diefstal nie, steel is steel en daarvoor moet daar swaar strawwe wees. Diefstal het nie n kleur of geur nie, dit bly diefstal.

Sims ·

Darius Els, hierdie is duidelik nie regerings misdaad nie. Hierdie ou moes BORG betaal en daar is ook nog die moontlikheid dat hy sal moet gevonnis word. Glo nie deel hiervan sal dan wees om gesondheidsparool te kry en dan heeltyd golf te speel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.