Man vas wat glo renosterhoring wou verkoop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat glo renosterhoring in Johannesburg wou verkoop, sal na verwagting Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

“Die verdagte wou glo die renosterhoring aan ʼn potensiële kliënt verkoop wat nie opgedaag het nie,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê.

ʼn Misdaadintelligensie- en honde-eenheid het die 33-jarige man, vermoedelik van China, Saterdagmiddag in Sandton in hegtenis geneem. Hy het glo die renosterhoring by hom in ʼn sak gedra.

Mulaudzi het verduidelik ʼn ondersoek word gedoen om deur DNS-toetse te bepaal waar die renosterhoring vandaan kom. Hy het gesê dit is onwettig om sonder die regte dokumente renosterhoring in Suid-Afrika te verkoop en die man het nie enige van die dokumente by hom gehad nie.

Altesaam 1 215 renosters is in 2014 in Suid-Afrika gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.