ʼn 27-jarige man verskyn Donderdag in ʼn Vrystaatse hof in verband met die beweerde verkragting van sy susterskinders, meisies van onderskeidelik vyf en tien jaar oud.
Konst. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, het gesê die meisies het na bewering Sondag by hul ouma in die Sunrise-nedersetting by Frankfort gaan kuier waar die meisies se oom ook woon.
“Die kinders het buite gespeel toe die oom die tienjarige meisie na sy plakkershut geroep en vir haar lekkernye aangebied het,” het Rani gesê.
“Toe die meisie in sy hut in is, het hy na bewering haar klere uitgetrek en haar verkrag. Daarna het hy haar glo R5 aangebied en haar aangesê om niemand daarvan te vertel nie.”
Die oom het ʼn paar minute later glo die vyfjarige meisie ook na sy hut gelok en verkrag.
Die meisies het nie vir hul ouma vertel wat gebeur het nie, maar het wel later die aand dit aan hul ma genoem. Die ma het die polisie in kennis gestel en die man is Maandag in hegtenis geneem.
mense mense ons lewe in n siek wereld!!!!!!!!
Weereens is oudregter Mabel Jansen se uitlatings reg bewys.
Die man is siek en ek hoop hulle sluit hom toe en gooi die sleutel weg!!!
Hoe siek kan mens nie wees nie. Hkm kinders?
R5 vir twee menselewens wat vir altyd verwoes is. En die ergste is, die bogger weet dat wat hy gedoen het, verkeerd is. Hulle moet verkragters loslaat sodra hulle skuldig bevind is sodat die gemeenskap hulle kan uitsorteer. Dis nonsens dat hulle op borgtog vrygelaat word, of na ‘n paar jaar van tronkstraf uitdien, net om weer te verkrag.