Man vas wat glo teen 156 km/h in 60 km/h-sone ry

motor-kar-spoed-meter

Foto: Chuttersnap/Unsplash.com

ʼn 39-jarige man is Donderdagmiddag op die Ou Vereenigingpad in Gauteng in hegtenis geneem toe hy glo teen 156 km/h in ʼn 60 km/h-sone gery het.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê die man, wat in ʼn donkergrys BMW3 gery het, is tussen Kliprivierweg en die K146/M7-brug (langs Thina Sonke) aangekeer.

“Hy is tans in aanhouding by Brackendowns-polisiestasie. Hy staan tereg op aanklag van roekelose en nalatige bestuur. Hy sal binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn,” het Mokheseng bygevoeg.

Dertig ander bestuurders is tydens die operasie met tussen R400 en R1 000 beboet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Blikkantien ·

Ek praat glad nie die spoed goed nie, maar het al ‘n hele paar kere ervaar dat daar onrealistiese spoedgrense bestaan op sekere paaie waar daar geen rede voor kan wees nie. Die feit dat so veel ander motoriste daar gevang is, laat my dink dat dit nie in ‘n woonbuurt was nie.

Leon ·

In plaas dat handelaars gewone bekostigbare voertuie invoer, bring hulle obekostigbare duur hoëe werkvrrigting voertuie in. Die bestuurders kan nie anders as om so vinnig te ry nie. Daardie BMW doen letterlik 120 km/u in tweede rat. So as jy vyfde rad toe gaan, doen jy 160 + km/u.

Jakes ·

Was hy laat vir n begrafnis? Vonnis hom n R1000 per km wat hy vinniger as die spoedbeperking gery het. Skort sy lisensie op vir 10 jaar en laat hom gemeenskapsdiens doen by n lykshuis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.