Man vas wat glo vervalste diamante wil smous

Argieffoto

ʼn Man wat na bewering vervalste diamante probeer verkwansel het, verskyn na verwagting môre in die landdroshof op Springbok.

Die man wou glo die diamante vir R40 000 verkoop, het Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Die Valke het (Vrydag) ʼn wenk gekry en onmiddellik die verdagte onder ʼn dekmantel ontmoet en ʼn ooreenkoms aangegaan. Toe hy die diamante te voorskyn bring, is hy daar en dan in hegtenis geneem. Die items is ondersoek en dit was nagemaak,” het Mnisi gesê.

Genl.maj. Kholekile Galawe het die publiek gemaan teen die onwettige handel in diamante.

“Dit maak nie saak of jy ʼn koper of ʼn verkoper is nie, niemand mag buite wetlike raamwerke diamante verkoop nie. Die publiek moenie markte vir misdadigers skep om hulle swendelary en diefstal voort te sit nie,” het Galawe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Hy gaan aanvoer dit was kristalle, wou maar n vinnige geldjie maak, ek praat dit nie goed nie maar terwyl daar afset is sal dit nooit stop nie, daar is ernstiger sake wat eerder moet ondersoek word deur die valke soos plundering van staatsgeld deur die amptenare.

thelsa ·

Hoe kan iemand van onwettige handel in diamante aangekla word as dit nagemaakte diamante was.? Daar is mos niks fout om klippes te verkoop nie.Maklik om hierdie een in die hof te wen. DIe klag is nie korrek nie. Eerder ‘n ander toepaslike klagte sou ek reken.

AndrewL ·

As die publiek nie markte moet skep vir misdadigers nie, beteken dit belastingbetalers moet ophou belasting betaal? Of verstaan ek verkeerd?

Attie. ·

Ek wil nog altyd graag weet wie nou eintlik benadeel word by die handel in ongeslypte diamante. Net die mynmagnate en die staat. Hulle bepaal die prys en die verliefdes koop die klippies ten duurste. Gaan verkoop die ring more en dan sien jy dis eintlik niks werd nie. In die Nuwe Jerusalem word diamante nie een gebruik nie. Ek sê gaan verkoop die goed gerus, jy pla my nie, en as jy vervalstes kan verkoop, nog beter. Diamante word nerens in die Bybel genoem nie maar goud word al vroeg in Genesis vermeld. Al wat ons met diamante kan doen is om dit te gebruik by boorpunte, maar meeste diamante word aan vingers gedra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.