Man vas wat glo wapens namens onwettige myners bekom

Die man wat in verband met die misdaad vasgetrek is. Foto: Verskaf.

ʼn Man (38) wat glo vuurwapens namens onwettige myners bekom het, is deur lede van die taakspan vir openbare orde en taktiese reaksie in hegtenis geneem.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die lede het 17 Januarie omstreeks 07:00 ʼn wenk gekry oor ʼn man wat vuurwapens namens onwettige myners bekom.

Sy voertuig is opgespoor ná sorgvuldige waarneming.

“Hy is agtervolg tot hy in sy erf met ʼn wapen en ammunisie vasgetrek is,” het Thakeng gesê.

Die verdagte het glo reeds die wapen in sy hand gehad toe lede hom nader, maar die beamptes het hom oorrompel en beslag gelê op die wapen waarvan die reeksnommer duidelik sigbaar was, asook ammunisie.

“Daar is ook beslag gelê op ʼn Ford Ranger-bakkie met Noordwes-registrasieplate,” het Thakeng gesê.

Die verdagte sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris Ws ·

Ek hoop hy kry meer as 10 jaar maar met ons regters van vandag kry hy dalk 10 maande!Dis om van te ween want hy gaan binne kort weer aangaan met sy onwettige bedrywighede as of niks gebeur het nie.Die land is VOL sulke gevalle.

Pieter ·

Daar is nie iets soos onwettige myners nie dit is skelms of kriminele.

Cherokee ·

Dit wat jy hier sê is uiters debatteerbaar. Een sin kommentare getuig gewoonlik nie juis van kennis nie. Ek en my broers het mineraleregte verloor op 710 morg net omdat die regering ‘n wet gemaak het waarvolgens mineraleregte nie meer in ‘n testament nagelaat kan word nie. Die regering het bloot mineraleregte in ‘n ryk aan goud en uraan area, wat aan ons nagelaat sou wees, nie oorerfbaar gemaak.

Anoniem ·

Aangesien die wapen se reeksnommer nie afgevyl is nie, sal ek graag wil weet eaar dit vandaan kom. Kan Maroela Media asb vir ons opvolg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.