Man vas wat hom as metrobeampte voordoen

bloulig-320x203Die Ekurhuleni metropolisie (EMPD) aan die Oos-Rand het Saterdag ʼn man by ʼn begrafnisstoet in hegtenis gneem nadat hy homself glo as ʼn metrobeampte voorgedoen het.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die metropolisie, het gesê hulle het ʼn wenk ontvang dat ʼn voertuig met EMPD-kentekens en ʼn “beampte” in metropolisie-kleredrag in die stoet by ʼn begraafplaas is. “Beamptes het bystand ontbied en op die 32-jarige man en sy Toyota RunX by die Kromvlei-begraafplaas toegeslaan,” het hy gesê.

Die verdagte se voertuig het ʼn blou lig op sy dak gehad, en magnetiese EMPD-kentekens op sy deure.

“Hy het gesê hy het in 2007 by die metropolisie se opleidingskollege as ʼn verkeersreëlaar gekwalifiseer en het goedkeuring van die metro gehad om verkeer tydens die stoet te reguleer,” het Kgasago gesê. Hy het glo sy glimbaadjie en metropolisie-pet by ʼn maatskappy in Robertsham gekoop het ook aan die beamptes sy “sertifikaat van bevoegdheid” gewys. Hy het ook ʼn vuurwapen en ammunisie by hom gehad.

Volgens Kgasago is die verdagte by die Brackendowns-polisiestasie aangekla. Hy moet Maandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

ʼn Bykomende aanklag van bedrog gaan moontlik ook ondersoek word, sodra die egtheid van die handtekeninge op die verdagte se sertifikaat vasgestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.