Man vas wat lyk in stormwaterpyp druk

boeie 5ʼn Man is gearresteer toe hy gevang is terwyl hy ʼn lyk in ʼn stormwaterpyp in Newtown, Johannesburg probeer druk het.

Volgens adjudant-offisier Xoli Mbele was die polisie omstreeks 3:00 besig om die gebied te patrolleer toe ʼn motoris hulle stop en sê hy het ‘n man gesien wat iets in die stormwaterpyp probeer sit.

“Die polisie het vinnig reageer en afgekom op ʼn man wat besig was om ʼn liggaam in die afvoerpyp te druk,” het hy gesê.”Die oorledene het veelvuldige beserings regoor sy liggaam gehad. Hy het ‘n rooi trui gedra en word in sy 30’s geskat.”

Die 24-jarige beskuldigde sal eersdaags in die Johannesburg Landroshof verskyn op aanklag van moord.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.