Man vas wat ma se beendere opgrawe

Van die beendere wat in die huis aangetref is. Foto: Verskaf.

Die polisie in Lebowakgomo in Limpopo het ʼn 21-jarige man in hegtenis geneem in verband met die skending van sy ma se graf in die Dithabaneng-nedersetting in die Ga-Mphahlele-omgewing.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is glo in Desember 2017 na die plaaslike begraafplaas en het begin om sy ma, wat al in 2001 begrawe is, se graf op te grawe totdat hy uiteindelik in Januarie vanjaar op die beendere afgekom het en dit saam met hom huis toe geneem het. Die man was vier jaar oud toe sy ma dood is.

Lede van die gemeenskap het volgens Ngoepe Maandag gesien hoe die man in die nedersetting rondbeweeg met ʼn menslike kopbeen en onmiddellik die polisie in kennis gestel.

“Die polisie het vinnig gereageer en het die volledige menslike geraamte in die verdagte se huis aangetref en hom in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê.

Die voorlopige polisieondersoek het ook aangedui dat daar baie beesbeendere in dieselfde huis aangetref is en dat die verdagte soms sy ma se kopbeen in ʼn sak dra as hy winkel of bank toe gaan omdat hy glo dit sal hom beskerm teen enige gevaar.

Ngoepe het gesê daar kan nog nie bevestig word of die man is sangoma is nie en dit sal deel vorm van die polisie se ondersoek.

Die verdagte sal binnekort in die Lebowakgomo-landdroshof verskyn op aanklag van grafskending.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Willem ·

Regtig???? arresteer eerder die boere moordenaars dan doen julle miskien beter werk.

Linda ·

Shame man! die ou wil seker net naby sy ma wees!! rêrig!!?? dat die polisie nou hule tyd so mors!!

GM ·

As hy ‘n sangoma is, het die polisie beslis nie hul tyd gemors nie. Wat van al die kinders wat vermoor word vir muti?

Alida ·

Nou het ek alles gehoor. Gaan natuurlik niks oorkom nie want die regering glo mos aan sangomas. Siek spul.

Cherokee ·

En dan word dit opgevolg deur kommentare wat meen dat die polisie hom nie behoort te vervolg nie. Dit is ‘n besmetlike slik moeras waarin Suid Afrika is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.