Man vas wat mense glo uit miljoene bedrieg

Foto: SAPD/Facebook

’n 35-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy niksvermoedende beleggers glo uit meer as R7 miljoen bedrieg het.

Die verdagte is Donderdag by sy huis in Johannesburg in hegtenis geneem, het kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, gesê.

Daar word beweer dat die verdagte van November 2017 tot Februarie 2019 ’n kantoor in Sandton gehuur het onder die naam Goldmine Stock Market Traders en beleggers 100% rente beloof het.

Volgens Mogale het die verdagte glo gegoede mense geteiken wat miljoene rande in sy bedrogspul sou belê. “Nie een van hulle het die beloofde rente of die kapitaal ontvang nie.”

Die man het later sy kantoor geskuif en verdwyn. Die saak is vir ondersoek by die Valke aangemeld, wat tot sy inhegtenisneming gelei het.

Die verdagte sal van bedrog aangekla word wanneer hy Maandag in die landdroshof in Palm Ridge verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Casper ·

As iets te goed is om waar te wees dan is dit nie waar nie.Geen simpatie met mense wat dom dinge doen nie want daar is nie pille daarvoor nie

Francois ·

Ek het rede om te glo daar is nog genoeg dom mense daarbuite wat ingeloop sal word…

Yvonne ·

Die ANC het RSA met miljarde der miljarde ingeloop…..en bitter min of ooit gebeur iets

Christine ·

Wel, as dit die ‘Forex Trader’, Sandile Shezi is, is ek bly om te hoor hy is nou inhegtenis geneem, want hy was soek nadat hy net verdwyn het. Hopelik kry die mense hul geld terug en sit hy vir lank genoeg om te leer uit sy skelmstreke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.