Man vas wat na olieplatform by Mosselbaai swem

Die olieplatform by Mosselbaai. (Foto: Maroela Media)

ʼn Man het gister in die Mosselbaaise landdroshof verskyn nadat hy Woensdag in hegtenis geneem is op die voetstuk van die Petro SA- olieproduksieplatform.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê die 38-jarige man het vroeg die oggend na die Petro SA-fasiliteit geswem. Dié platform is ʼn hele ent van die strand.

Die man is om 04:30 op die voetstuk van dié platform aangetref.

“Lede van die Mosselbaai-seegrenseenheid is na die fasiliteit ontbied en het die man gered. Hy is kort daarna in hegtenis geneem.”

Die man word aangekla vir die oortreding van die Wet op Nasionale Sleutelpunte en die onregmatige betreding van ʼn perseel. Petro SA se fasiliteit by Mosselbaai word beskerm ingevolge dié wet omdat dit van nasionale belang is.

Meer besonderhede is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

andre ·

Die man moet n medalje kry .Ek wonder wat die afstand was wat hy geswem het .

Phillip ·

Ek sal se wel gedaan ou om die see intevaar en tussen die haaie en al tetrotseer kort n medaalja

JohanR ·

Nee wat die raak nou rerig belaglik. By een Mall mag jy sit maar mag nie eet of drink nie, by ‘n ander Mall mag jy GLAD nie sit nie maar net met jou koffie rond en rond loop solank jy drink en ommidelik wees joumasker aansit, en by ‘n ander Mall gaan sit ek in Exclusive Books by die kinder tafels doer agter en werk op my rekenaar.

Elinette ·

Nou wat het dit wat jy in Malls mag/nie mag doen nie, te doen met dié artikel? Terloops, die geen-sit-reëls by Malls is ingevolge die sosiale distansiëring-regulasies van die Vlak 4 grendelperiode. Die meeste Malls het bankies en as die bankies daar is, sal mense daarop gaan sit en nie 1,5m sosiale distansiëring dus toepas nie. Dit is dus vir jou eie beswil om maar eerder met jou wegneem-koffie rond te loop.

Perdeby ·

Dalk het die swemmer nie geweet dit is ‘n nasionale sleutelpunt nie. Hierdie geval het niks met ‘n Mall te doen nie. Indien die swemmer geweet het dis ‘n nasional sleutelpunt het hy ‘n probleem., want al sulke punte word beskerm. Dis so goed om in te loop by die president se huis en dink hulle gaan jou nie toesluit nie. Toe ek nog by die SAPD was moet ons elke uur die sleutelpunt besoek en dit was al die ambasades in jou wyk.

piet ·

Ek raai hy wou maar net kyk of hy tot daar kon swem. Ek wonder of hy die afstand geweet het. Ek het amper self eendag verdrink toe ek na ‘n rots in die see wou swem. My lelik misgis met die afstand, amper nie gemaak nie.

johann ·

dalk maar net gewys hy kan dit regkry. Goeie publisiteit gekry. Hoop hy kry ‘n Bells ipv ‘n tronkstraf.

Nozi ·

My genade, mag die man nie eers a biki rus voordat hy terug swem strand toe nie. Maggies, dit is mos ver om te swem.

JohanR ·

Jammer mense al weer die artikel half gelees want ek vlieg CPT – JHB en hulle het die vlug aangekondig. Ek dog die ou is gevang sonder ‘n masker by die olie platform. Het myself al geklap!

Die Boerepompie ·

Daai in nie lekker insy kop nie n haai sal jou tand

koos10 ·

Hier moet iets meer agter die storie wees. 04:30 in die oggend 120km klaar geswem het? Nee ek glo dit nie so lekker nie.

Toy ·

Hy kan bitter bly wees ‘n haai het hom nie beet gekry nie. Sal graag wil weet wat was sy plan wanneer hy sy asem teruggekry het na daai lang swem.

Cherokee ·

Maroela oftewel Megan Gittins, wat bedoel julle hy is ‘gered’? Is julle okay? Soos in orraait? Dit klink nie asof hy hul ‘reddingsaksie’ nodig gehad het nie.

Sakkels ·

Wonder hoe laat jet hy begin swem. Daai is wyd uit. Daar is beslis iets anders agter die storie. 180km van die kus af. Nee wag.

Niklaas ·

Die man moet ‘n prys wen vir lang afstand swem. Daar is ongelukkig nie ‘n swem marathon by die Tokyo Olimpiese spele nie, anders was hy klaar in die span wat gaan vlieg soontoe

Jack ·

Maklik om nietige oortredings te bestuur maar die res van die land brand onder die rowers en moordenaars. Geen hom n Amien medalje en laat hom gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.