Man vas wat onwettig vuurwerke verkoop

Die vuurwerke waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die vuurwerke waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

ʼn 60-jarige man is Donderdag in die Durban-omgewing in hegtenis geneem nadat hy glo onwettig vuurwerke in ʼn winkel verkoop het.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die Durbanse polisie se bomeenheid het die man omstreeks 11:30 in Pinetown se sentrale sakegebied in hegtenis geneem.

“Polisiebeamptes was op roetinepatrollie in die gebied toe hulle opmerk vuurwerke word in die winkel verkoop,” het Mbhele gesê. “Die beamptes het gaan ondersoek instel en die winkeleienaar gevra om sy lisensie te wys dat hy vuurwerke mag verkoop. Die polisie het toe vasgestel die lisensie is vervals.”

Die polisie het die man dadelik in hegtenis geneem en beslag gelê op die vuurwerke, met ʼn geskatte straatwaarde van R350 000.

Die man moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

snoefie ·

kolskoot. ek hoop hulle haal landwyd op die onwettige vuurwerkeverkopers uit. MEER AS DIT, ek hoop hulle vervolg landwyd die wat vuurwerke in woongebiede afvuur, met n ystervuis.

Netekke ·

Ek stem 100% saam, my diere raak heeltemal verbouereerd en vreeslik bang. Ek haat vuurwerke met ‘n passie,word woedend wanneer die dekselse goed in bewoonde gebiede geskiet word. Wens hulle begin jeuk en hul vingers verander in vishoeke!!!!

Bokkie ·

Stem saam met Snoefie.Hoe wonderlik sal dit nie wees nie.Die diere haat daai aaklige geraas en ons die eienaars sal dit verwelkom.

Griet ·

Vergeet die diere, EK haat die geluid, ek en my diere duik almal vir ‘n gaaitjie onder ‘n kombers as daai bomme in ons buurt begin afgaan. Gee my enige dag ‘n hoëveldse donderstorm, ek gee nie om wie wat sê nie, die geluid van daai “bomme” is anders as donderweer, BAIE anders ! ! !

Griet ·

Vergeet die diere, EK haat die geluid van bomme wat om my afgaan. Ek en die diere duik almal gelyk vir ‘n gaaitjie onder ‘n kombers as daai ontploffings begin in ons buurt. Gee my enige dag ‘n goeie hoëveldse donderstorm, ek gee nie om wie sê wat nie, die geluid van daai ontploffings is anders as donderweer, BAIE anders !!!

Jan maak n Plan ·

Aag dit word ook maar net gedoen sodat daar nie vir die owerhede gese kan word hulle doen niks nie. Hier op ons dorpie word vuurwerke links en regs verkoop en ek sal geld daarop wed dat geeneen van hulle n sogenaamde lisensie het nie. En ja die polisie lede koop ook sommer daar.

Lou ·

Mens vuur ‘n geweer af en die jaghonde staan langs jou. Hulle kom niks oor nie. Die weer donder partykeer so hard dat ek selfs stil raak. Die honde kom niks oor nie – kruip dalk net onder die bed in. 364 dae blaf die keffers in my ore en die eienaars doen niks daaraan nie. Die 365 ste dag is myne. Dan skiet ek krekkers.

mañana ·

Lou die lafaard. te bang om jou bure se klokkie te lui om te kla. maar wil al wat leef omkrak met “krekkers.” mag daardie “krekkers” jou in die gaai but. nes elke ander njerts wat vuurwerke skirt.

Diereliefhebber ·

Ek wens regtig vuurwerke wil heeltemal verban word. Die strate en paaie is vol diere wat weghardloop, hulself beseer, vassit in pallisade heinings, en vele ander beserings opdoen. Dan kondig die streke en areas nogal vuurwerk vertonings ook aan vir Oujaar! Derduisende rande word in die lug opgeblaas. Hoekom die geld nie eerder aanwend vir iets konstruktief nie? Ons arme diere en wild weet nie watter kant toe nie …

Trudie ·

Stem saam met Netekke. Diere kan nie vir hulself praat nie. Slegste uitvindsel ooit!

Elsie ·

Wens ook dit kan heeltemal verban word. Dit sal feeste wees!

Jan ·

Ek sien die Hooggeregshof in Johannesburg het gister Stad Ekuruleni/Oosrand verbied om met hul vuurwerkvertoning voort te gaan.

Oosie ·

Weer Miljoene Rande gemors/BEGUNSTIG!! Die kontrak gaan betaal word!!

Lou ·

As jy jag dan staan die jaghonde langs jou as jy skiet. Hulle kom niks oor nie. Die donderweer slaan soms hard, maar die hond kry nie seer nie – kruip partykeer net onder die bed in. 364 dae lank moet ek na die keffers luister. Dan doen die eienaar NIKS daaraan nie. Dag 365 dan skiet ek krekkers.

Johann ·

Skiet die krekkers dan na hartelus, daar waar jy en die honde jag, jy kan dit geniet en hulle kan blaf.

mosselbos ·

Jaghonde word geleer om nie te skrik so ook perde wat deur die polisie gebruik word. Ek is lus n druk n krekker naby jou dan kyk ons of jy skrik. Moenie worry ek sal eers n paar toetslopies doen dan kom sal jy ook nie seekry nie…soos jou jaghond.

Simon ·

Ontwikkeling van dryfmiddeltegnologie:
Buskruid -> vuurwerk-> vuurpyle -> ruimtetuig -> maanlanding

Jan ·

Dis was darem nou seker nie in woongebiede getoets en ontwikkel nie?

Chris Ws ·

Knap gedaan SAP!Maar dis minder as ‘n druppel in die emmer.Vervolging moet landwyd geskied.Dit sal ‘n blye dag wees die dag wat alle vuurwerk invoere en verkope verbied word.Wat is mooi of lekker aan die lawaai wat klappers maak?Ek verpes dit!En vuurpyle wat in die lug opgevuur word sonder om om te gee op wat of wie dit val?Verbied die verkoop van die gemors ALGEHEEL!

stella ·

Daai Polisie wou gratis vuurwerke he, toe die man dit nie verniet wou gee nie vat hulle alles en arresteer hom met die drank word dieselfde gedoen by shebeens, hulle huise is die eerste stop Dan met wat oorbly word stasie toe gery, die man kry dit nie terug al gaan hy hof toe of betaal n boete, weet daarvan het dit self gesien gebuur

NIEN ·

Ai…ai….daar is amper nie een berig waarvan die Polisie OF bribe OF sleg is OF wat ookal nie? Stella ek het nie ‘n clue waar jy bly nie, net bly dis nie naby my nie……drank wat “Oorbly” word poliesstasie toe geneem? Met ander woorde die meeste drank word deur die polisieman of by sy huis of pelle afgelaai??? Toe jy dit “gesien” het, was dit as buitestaander of was jy dalk a.g.v ‘n misdaad by die polisiestasie???? Vra net…..

Veronica ·

Ek woon op n redelike groot dorp in di vrystaat..oorkant my n polisieman en regs n pastoor. Skiet klappers dat di honde huil en as ek kla vloek daai pastoor my en sé net dis hulle culture. Al di chinese en indier winkels op di dorp verkoop klappers en glo my op hierdie dorp het niemand n lisensie nie

Willem ·

Mense kla elke dag als raak duur maar die een dag van die jaar koop dieselfde mense 100de rande se klappers vir n paar minute se plesier dis slim verbrand en skiet jou geld in die lug op dan kla jy more verder als raak duur en ek het nie geld nie

Hendrik ·

Vuurwerke is ‘n eeue-oue tradisie, maar nou moet dit verbied word net omdat dit by sommige honde probleme veroorsaak? Ek is jammer, maar ek laat my nie voorskryf deur iets met ‘n brein so groot soos ‘n golfbal nie.

Jy kies om troeteldiere te hê, niemand dwing jou nie. As jou diere nie jou woonbuurt kan hanteer nie is dit jou probleem – nie die woonbuurt s’n nie.

snoefie ·

Hendrik dis n beginselsaak. ek dink erfbelastingbetalers en slegs erfbelastingbetalers met opdatumbetaalde rekeninge moet daarvoor stem. jaarliks word verskeie vuurwerkverwante beserings onder mense ook opgedoen. so jy en Lou hierbo kan berus julle vuurwerke gaan geskiet op die plekke wat daarvoor geoirmerk was. die res van ons en ons rasende diere verdien die vrede en stilte sonder slegte swaweldampe.

Chris Ws ·

Hendrik,weet jy waar kom die “tradisie” soos jy dit noem vandaan?NIE van ons land se mense of iets nie.Daar was ‘n man met die naam Guy Fawks.Gaan lees maar op hoe pas hy in die prentjie EN in watter land.Ons het zero met dit uit te waai.Vuurwerke was,is en bly ‘n euwel in ons land en klaar.En vir my gaan dit nie oor diere se “gevoelens” nie maar wel my en my vrou sin.
Elkeen is geregtig op sy eie mening.Jammer . . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.