Man vas wat op Facebook spog oor dade met meisie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy op Facebook gespog het oor seksuele dade met ʼn skoolmeisie.

Die Keniaanse man is in Bomet in die weste van die land in hegtenis geneem. Keniane het hul skok en afgryse op sosiale media uitgespreek nadat die man foto’s geplaas het van homself en die meisie in ʼn woud en gespog het dat hulle seks gehad het. Hulle het geëis dat die man onmiddellik in hegtenis geneem word.

Die man is vasgetrek nadat die inspekteurgeneraal van polisie, Joseph Boinnet, sy onmiddellike inhegtenisname gelas het.

Boinnet het die publiek tydens ʼn mediakonferensie gemaan om versigtig te wees oor wat hulle op sosiale media plaas en dat indien daar inkriminerende opmerkings of foto’s geplaas word, hulle vervolg sal word. “Keniane moet baie versigtig wees oor hul aktiwiteite op sosiale media; veral dié wat indruis teen die morele waardes van ons samelewing,” het hy gesê.

Plaaslike owerhede het gesê hulle soek nog na die minderjarige om vas te stel of dit werklik plaasgevind het.

Dit kom slegs ʼn maand nadat ʼn werknemer van Kenia se lughawe-owerheid eksplisiete boodskappe van sy aktiwiteite met minderjarige meisies aanlyn gepubliseer het. Sy kontrak is opgeskort en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Arsène Lupin ·

Mooi so! Ander lande kan by Kenia ‘n ding of 2 leer!

Cherokee ·

Hoop jy het opgelet dat die polisieman nie gesê het dat hulle nie skelm dinge moet doen nie, maar gesê het dat hulle moet stilbly daaroor en dit nie op facebook uitbaker nie.

Frannie ·

Met ander woorde: Julle kan dit maar doen, moet dit net nie op Sosiale media post nie!

Louwrens ·

Hy beoefen maar net Afrika en Suid Afrika se nasionale sport.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.