Man vas wat ouma glo vir erfporsie vermoor

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 18-jarige man van Limpopo wat na bewering sy 79-jarige ouma vermoor het in ʼn poging om haar eiendom te bekom, is in hegtenis geneem.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Kgarebe Stephelina Masangu is in Mei in haar huis in Roossenekal buite Groblersdal vermoor. Volgens Ngoepe is “verskeie voorwerpe gebruik om Masangu brutaal te vermoor” en is dit nie duidelik hoeveel mense by die moord betrokke was nie.

“Die polisie het tydens hul voorlopige ondersoek onthul dat die motief vir die moord ʼn komplot was om die oorledene se eiendom, wat miljoene rande werd is, te bekom,” het Ngoepe gesê. “Speurders het verder ondersoek ingestel en bewyse het aan die lig gekom wat die vrou se kleinseun en nog ʼn familielid met die moord verbind. Albei die verdagtes het egter kort na die vrou se begrafnis verdwyn.”

Ngoepe het gesê die kleinseun is uiteindelik in Mpumalanga in hegtenis geneem en die polisie is steeds op die spoor van die tweede verdagte. “Sy sal binnekort in hegtenis geneem word aangesien haar identiteit aan die ondersoekspan bekend is,” het hy gesê.

Die kleinseun sal Maandag in die Groblersdal-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Ander aanklagte sal ook moontlik teen hom aanhangig gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

CFS ·

Watse tipe mens vermoor sy ouma,is dit met diesulkes wat ons ń nasie moet bou.Kyk na die wreedheid van plaasmoorde.

Cherokee ·

Nasie bou? Met ‘n ander nasie saam? Waarvan praat jy! Ons is nie ingesluit by jou ‘ons’ nie,

Cherokee ·

As hulle die spreeu-vrou met ‘n R150 000 kon beboet vir dit wat sy gesê het, watter strawwe dink jy sal uitgedeel word as jou wense bewaarheid word.

jaco ·

maak hulle dan hulle rasgenote ook dood? die minister van veiligheid en sekuriteit spog dan dat misdaad afneem en misdaad teen wit mense word ook nie eens altyd as misdaad gesien nie. hier is egter nou misdaad teen sy eie rasgenote. ek sal graag wil sien hoe hierdie hofsaak verloop en watse straf die oorlede vrou se kleinseun kry.

Johan. H. ·

In die ander nuuskanaal vra daaie premier dat n referendum gehou moet word of grond sonder vergoeding aan die lotte gegee moet word,,, Hou eerder n referendum om moordenaar en transito rower en rerroriste die doodstraf moet kry.. Natuurlik sal die lotte wen as dit gehou moet word oor grond, Hy dink almal is dom soos hy… Wys maar net die wilhe sindroom,,,,

jaco ·

Oppas vir agiteer om die doodstraf weer ingestel te kry. Dit kom dalk terug en word selektief hoofsaaklik teen wit mense gebruik. Gewone ANC mense swaai reeds wit poppe aan galgtoue rond wanneer hulle betoog buite howe waar wit mense vir die misdaad van rassisme verhoor word.

SARIE VAN HEERDEN ·

Cherokee het ‘n punt beet. Hoe kon die spreeuvrou in elk geva lskuldiig bevind geword het as ons wat ondervinding het van wat daar aangaan WEET sy het eintlik die waarheid gepraat maar sy moes nie die wat daarvoor verantwoordelik was name gegee het nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Haar kleinseun en sy maatjie sou haar vir ‘n tiekie en ‘n sikspens vermoor het. Ek bevraagteken die miljoene rande se eiendom wel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.