Man vas wat speurders se kantoor glo afbrand

Argieffoto

Die polisie in Mbombela het ʼn 35-jarige man vasgetrek wat glo verantwoordelik was vir die reusebrand by speurders se kantore in Dullstroom vroeër vandeesmaand.

Hy is in hegtenis geneem op aanklagte van sabotering, dwarsboming van die gereg, huisbraak en diefstal.

“Polisie het in die vroeë oggendure van 11 Mei gesien hoe bolle rook by die speurders se kantoor, wat nie ver van die polisiestasie af is nie, kom,” het die polisie gesê.

Die brandweer is ontbied, maar toe brandweerlede op die toneel aankom was die vuur reeds deur gebou versprei.

“Ondersoek na die voorval is onmiddellik van stapel gestuur en Saterdag het die polisie ʼn deurbraak gemaak. ʼn Man van die Sakhele-edersetting naby Dullstroom is vasgetrek,” het die polisie gesê.

Verdere ondersoek het onthul die man was veronderstel om dieselfde dag gevonnis te word vir ʼn rooftog. “Hy het glo ook na die dossier van die voorval gesoek, maar die dossier was egter veilig op ʼn ander plek gestoor. Hy het ook twee skootrekenaars met inligting oor ander sake gesteel voordat hy die kantoor glo aan die brand gesteek het,” het die polisie bygevoeg.

Die verdagte sal Maandag voor die rondgaande hof in Dullstroom verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yster ·

Nou wonder ek hoe kom hy in die gebou. So na aan polisiestasie .In n land soos die sou ek glo hulle sal al ń alarm stelsel hê. Of is hulle so seker dat niemand ooit n leër sal wil steel nie. Sit sommer ń alarm in die polisiestasie ook. Want volgende is die polisie wat gesteel word.

Snoefels ·

Ek weet no nie hoe die stelsel werk nie, maar is dit nie veiliger as die dokumente elektronies erens op n wolk gestoor word nie ? Dan kan dit mos nie gesteel of verbrand word nie.. en meer as een kopie van dit stoor op n ander plek ook nie ?

ChristienH ·

Darem het die SAPD alreeds so elektroniese dossierstelsel. Dom krimineel het dít nie geweet nie. Gelukkig kan geen inligting verlore gaan nie en die bewysstukke vir die hof word elders gestoor.

Fiercestfall417 ·

Weet julle hoe ver is Dullstroom van Mbombela/Nelspruit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.