Man vas wat tweejarige keelaf sny

Argieffoto

Argieffoto

Die man wat verlede week glo ʼn tweejarige seuntjie keelaf gesny het met ʼn gebreekte bottel, is Sondag deur die Limpopo-polisie in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê die 32-jarige verdagte is by ʼn familielid se huis in Moletjie, buite Seshego in Polokwane, vasgetrek.

Maroela Media het Woensdag berig die verdagte het glo sy meisie (27) se tweejarige kind teen ʼn muur gestamp en hom keelaf gesny met ʼn gebreekte bottel. Die man het glo ook ʼn tienerseun in die kop gesteek toe hy probeer ingryp het.

Volgens Mulaudzi het die verdagte ʼn venster gebreek om toegang tot sy meisie se huis te bekom waarna die paartjie begin stry het. Die vrou het glo na haar tannie se huis gehardloop om hulp te kry toe hy die seuntjie aangeval het.

Die seuntjie het Dinsdag in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die tienerseun is by dieselfde hospitaal behandel en is intussen ontslaan.

Die verdagte moet na verwagting Dinsdag in die Polokwane-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Justi ·

Die afskuwelike monster! Hy is verby barbaars.
Goeie genugtig mens kan hom nie eers met n dier vergelyk nie.

Ek hoop eerlikwaar hy word dieselfde aangedoen. Die verfoeilike gedrog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.