Man vas wat vierjarige glo verkrag, moor

Argieffoto

ʼn 26-jarige man van Jan Kempdorp, Noord-Kaap, is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn vierjarige verkrag en daarna vermoor het.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê Tshimologo Lotshabeng (4) se naakte liggaam is Sondag in bosse by die Kgomotso-nedersetting digby Taung gevind.

Funani sê Tshimologo se ma het haar Vrydagaand na ʼn vriend se huis geneem om daar oor te slaap. Die ma is na ʼn plaaslike taverne om te gaan kuier en het toe ook by dié vriend se huis oorgeslaap.

“Volgens inligting is die verdagte ʼn kollega van die ma en het hy haar ook die Vrydagaand na die vriend se huis vergesel,” bevestig Funani.

Die verdagte het na bewering gewag dat die ma en haar vriend die aand aan die slaap raak, voordat hy vir Tshimologo ontvoer het. Hy het haar in ʼn nabygeleë bos verkrag en daarna vermoor.

“Die verdagte is vyf dae later in sy huis in Jan Kempdorp in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting eerskomende Maandag in die landdroshof in Kgomotso verskyn.”

Funani sê die moontlikheid om die ma van die kind aan te kla word ook ondersoek.

Genl.maj. Dintletse Molefe, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het die ondersoekspan geloof vir hul goeie werk wat tot die verdagte se vinnige inhegtenisneming gelei het.

“ʼn Wreedaardige moord soos dié kan nie geduld word nie. Die polisie sal voortgaan om hard te werk ten einde te verseker dat die verdagte skuldig bevind word,” het Molefe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jzjz05 ·

Bring terug die doodstraf .dit is al straf vir die oortreeding.tronkstraf word afgelag.

Estelle ·

Natuurlik moet die ma ook aangekla word! Dis siek verby ….

Zani2106 ·

dit is verskriklik hartseer daai klein lyfie rus in vrede blom jy is veilig nou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.