Man vas wat vriendin glo met verwarmer gooi

Argieffoto ter illustrasie

Die polisie in die Vrystaat het ’n 20-jarige man buite Welkom in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy vriendin met ’n brandende paraffien-verwarmer gegooi het.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die voorval het Sondag omstreeks 00:15 in die Thabong- informele nedersetting plaasgevind.

Volgens Makhele het die vriendin saam met vriende by ’n naburige huis gesit en kuier toe haar kêrel skielik by dié huis instorm en hulle begin slegsê het. Een van die vriende het probeer om die man stil te maak waarna hy sy vriendin begin aanrand het.

“Hy het haar begin skop, voorwerpe na haar gegooi en haar toe op ’n bed gegooi. Die verdagte het na bewering toe ’n paraffien-verwarmer na die vrou op die bed gegooi en die komberse het aan die brand geslaan,” het Makhele gesê.

Volgens Makhele het die man ook paraffien oor sy vriendin uitgegooi. Sy het ernstige brandwonde tydens die voorval opgedoen en is na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek nou ’n saak van poging tot moord. Die verdagte sal binnekort in ’n hof verskyn, het Makhele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lorette ·

Ons leef in ‘n siek wêreld waarin ‘n lewe niks beteken nie!

Sarel ·

Gazn seker nou weer verwys na oop Bottelstore. Ha ha Chebeens nog al die tyd oop
Kla sommer aa vir Besndstigting ook

Okmardom ·

Sou ook vies wees. Tensy hulle besig was met n selgroep…maar klink nie so nie. Maar dit regverdig nie al die vuur en geweld nie.

Michael 1 ·

Geen vrees vir die nagevolge van jou onoselheid in die land nie.

4ntj13 ·

Die verwarmer was nie primêr in die aanrander se denke soos die paraffien nie! Die opskrif het my laat wonder hoe dit anders was as ʼn bord, tot ek moes lees die intensie was duidelik om haar te verbrand! Dis so asof die insident afgewater word tot ʼn bord-gooiery terwyl dit báie erger was!

Talia ·

Maroela media laat weet ons of die man bortog maak. Want dan betoog ek! Eks net mooi moeg dat die misdaad nie ernstig opgeneem word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.