
Nicolene Schreuder. Foto: Facebook
Ao. Dave Miller, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê dat die man by sy ma se huis op ’n plaas in Bronkhorstspruit in hegtenis geneem is. Hy het bevestig dat die man Schreuder se eksverloofde is, maar kon nie in hierdie stadium sy naam bekendmaak nie aangesien hy nog nie in die hof verskyn het nie.
“Ons is nou besig met die voorlopige ondersoek en [die verdagte] sal binne 48 uur in die Pretoria-landdroshof verskyn,” het hy gesê.
Die voorval het by die kantoor van Cura Health Insurance in Rubensteinrylaan in Moreletapark plaasgevind waar Schreuder as ’n persoonlike assistent gewerk het. Die man het omstreeks 08:30 by die kantoor ingestap en vir Schreuder gevra. Sy het saam met hom uit die kantoor gestap, waar hy haar buite op die stoep doodgeskiet het. Die man het op sy motorfiets gevlug.
Rudolph Ackerman, Schreuder se hoof by Cura Health Insurance, het haar as ’n opgeruimde en borrelende mens beskryf wat met almal oor die weg gekom het. Die kantoor is Woensdag vir die dag gesluit en die personeel het berading ontvang.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Ons wereld is stukkend…
Hoekom so geheimsinnig? Volgens Beeld is dit ene Dawid Connoway en het hy vandeesmaand reeds op FB foto’s geplaas van hom en ‘n ander vrou in ‘n kroeg. Wonder waarom het die lafaard nie homself sommer geskiet nie, seker nie daarvoor moed gehad nie? Klink na ‘n Modimolle-monster tipe karakter. Sou hy skuldig bevind word gaan hy lewenslange gevangenisstraf opgelê word, vir beplande moord. Daar kan geen ander uiteinde wees nie.
Dit is dom mense wat sulke lafhartige aksies neem. Mag sy turf sit. Sterkte aan die Schreuder familie met hulle verlies.
Daai lafhartige man kan bly wees Kol Koos Schreuder Nicolene se Pa, leef nie meer vandag nie….
En dan het die mensdom skok uitgespreek oor mense wat doodgeskiet is voor vuurpeleton. Dis presies wat ons nodig het. Mens skep skuim af en vernietig dit, want dit het geen nut of doel.