Man vas wat vrou glo doodkap

(Argieffoto ter illustrasie)

ʼn 33-jarige man verskyn na verwagting Maandag in die Eerstehoek-landdroshof in Mpumalanga nadat hy glo sy vriendin die afgelope naweek doodgekap het.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê ʼn bekommerde lid van die publiek het die polisie Vrydag ingelig oor ʼn vermeende voorval van huishoudelike geweld by ʼn huis in Hartebeeskop, naby Oshoek.

Die polisie het die vrou met hul aankoms daar met verskeie beserings en in ʼn plas bloed aangetref. Paramedici het haar dood verklaar en die polisie het ʼn soektog na haar aanvaller van stapel gestuur.

Hulle het die verdagte dieselfde dag nog in Dondonald, naby Elukwatini, opgespoor.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte die vrou glo doodgekap en daarna van die toneel gevlug het,” sê Hlathi.

Die man is vroeër skuldig bevind op ʼn aanklag van roof by ʼn sakeonderneming, waarvoor hy ʼn opgeskorte vonnis opgelê is.

Die waarnemende polisiehoof in die provinsie, genl.maj. Thulani Phahla, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Geslagsgeweld kan nooit as normale gedrag in ons samelewing beskou word, of iets wat nagedoen moet word nie. Diegene wat grootgeword het in ʼn gewelddadige gesin waar geweld aan die orde van die dag was, moet hulp kry voor dit te laat is,” sê Phahla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elizabeth ·

Die GM is heeltemal korrek. Is ñ kwart van SA se mense dan nou sielsiek dat moord so maklik is? Iemand sommer net eenvoudig dood kap?

E ·

Ek kan raai dat die argument gegaan het oor die roof wat hy gepleeg het. Jammer hy het ‘n opgeskorte vonnis gekry…

Anoniem ·

Ek dink die Regering moet meer aandag gee aan die Gevangenis en daar opvoeding verskaf dan mag daar dalk meer Gevangenisse ‘n beter lewe ly as hul vrygelaat word. As daar intens met die mense gewerk word deur “Proffesionele Beroepsgerigte Instellings” wat dit hul passie ag om mense te help sal dit ‘n groot aanwins wees. Solank wetteloosheid van die Personeel en gevangenisse sal daar nooit vordering gemaak word in die samelewing nie.

Persheks Adri ·

Sien hoed dis nie vuurwapens wat dood veroorsaak nie. Pangas en byle en enige ander voorwerpe moet dan by “our people” verban word asook enige handgemaakte voorwerpe…

Di ·

Weer ‘n bewys dat misdadigers vry loop en dan net ander kriminele dade pleeg. Opgeskorte vonnis gekry vir roof en nou weer aangekla word van moord!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.